Boere se grenspyne
Plaaseienaars moedeloos oor veldbrande, roofdiere uit Kgalagadi
Die gebrek aan instandhoudings van die oostelike grensheining tussen Namibië en sy bure Botswana en Suid-Afrika, skep groot frustrasie vir boere.
Boere wie se Kalahariplase aan die Kgalagadi Oorgrenspark grens, ly gereeld skade sonder om vergoed te word wanneer roofdiere soos leeus uit die park hul vee vang. Hulle vrees ook veldbrande uit Botswana en Suid-Afrika kan hul weiweld verwoes weens die gebrek aan brandpaaie in die buurlande.
Dit blyk die grensheining suid van Aminuis tot waar die Nossobrivier die landsgrens kruis, is in ’n erg vervalle toestand. Die deel van die park noord van die Nossobrivier is in Botswana geleë en die deel suid van die rivier is deel van Suid-Afrika.
Mnr. Hendrik Barnard van die plaas Bechuana, wat 150 km oos van Aranos geleë is, sê dié deel van die grensheining noord van die Nossobrivier is voor onafhanklikwording laas in stand gehou. Hy het verlede jaar ’n video op YouTube geplaas waarin die verval duidelik gesien kan word. [ https://www.youtube.com/watch?v=OKO5XIhAvZ8 ]
Die Namibiese polisie (Nampol) is verantwoordelik om die grensheining te patrolleer, maar die strook niemandsland (ook die gordel genoem) tussen dié heining en boere se plaasheinings, word nie skoon gehou nie, sê hy.
“Nampol op Aranos wil weer begin om die lyn te patrolleer, maar die draadheining is tot niet en die strook waar hulle moet ry, is oorgroei met bosse en gras. Hulle kán nie daar ry nie,” sê Barnard.
Volgens hom het ’n buurman, mnr. Casper Steenkamp van die plaas Boesmankolk, in 2004 die gordel skoongemaak, maar dit het sedertdien weer toegegroei.
Hy sê van die plase in daardie omgewing het wildwerende grensheinings, maar die leeus jaag soms wild vanuit die park deur hul heinings.
“Die heining tussen Namibië en Botswana is op plekke so stukkend dat jy met ’n Cruiser daardeur kan ry,” sê hy.
’n Ander groot frustrasie is dat wanneer veldbrande in Botswana ontstaan en die wind stu dit in die rigting van Namibië, is daar geen brandpaaie wat keer dat hul plase afbrand nie.
Me. Ruth Burger, wat sedert 1982 op die plaas Eensaam suid van die Nossobrivier boer, sê Suid-Afrika het jare gelede die materiaal vir die oprigting van ’n wildwerende grensheining beskikbaar gestel, maar die Namibiese boere moes self die heining oprig.
Dié boere wat die heining wou elektrifiseer, moes dit op eie koste doen, sê sy.
Burger sê anders as noord van die Nossobrivier, is daar nie tussen Namibië en Suid-Afrika ’n dubbele heining met ’n gordel tussenin nie.
“Dis net ons eie grensheinings wat ons van die park skei.” Sy sê geen instandhoudingswerk word deur die Suid-Afrikaanse óf Namibiese owerhede aan die heining gedoen nie.
“Boere moet self gereeld die heining inspekteer en die gate in die heining regmaak.
“Hierdie koste is vir boere se eie rekening; van die Suid-Afrikaanse of Namibiese kant kom geen hulp nie,” het sy gister aan Republikein vertel.
Sy, net soos Barnard, vertel van boere se frustrasie as wild uit die park die heining beskadig en roofdiere deurglip en vee hul prooi maak. Verder word veldbrande in die Kgalagadi oorgrenspark nie bestry nie.
“Grensboere pas dag en nag die heining op sodat die brand nie deurkom en hul veld verwoes nie.
“Hulle was nou onlangs letterlik siek van al die rookinaseming soos wat hulle die vure opgepas om te keer dat dit oor die grens kom,” vertel Barnard.
Burger sê aan die RSA-kant van die heining is dit oopgeskraap, “maar dit is nie ’n brandpad wat kan keer dat die vuur oorspring nie”.
MINISTER SCHLETTWEIN
Mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming, sê die direktoraat veeartsenydienste in sy ministerie wat na die instandhouding van grens- en kordonheinings moet omsien, is weens finansiële beperkings genoodsaak om “te prioritiseer”.
“Ons is bewus van die toestand van daardie grensheining, maar aangesien daar nie buffels of beeste in die park is nie, fokus ons op dié heinings waar die gevaar van bek-en-klouseer groter is.”
Hy sê grensheinings in gebiede waar die bedreiging van bek-enklouseer uit naburige gebiede nie groot is nie, sal aandag kry namate die finansiële situasie verbeter en die begroting dit toelaat.
Volgens Schlettwein het Namibië reeds die toestand van die heining met Botswana bespreek, aangesien die instandhouding ’n gedeelde verantwoordelikheid is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie