Boerevereniging wysig sy grondwet ná 120 jaar
Die Omaruru Boerevereniging het vir die eerste keer in meer as 100 jaar sy grondwet ’n moderne baadjie aangetrek om meer prakties en inklusief te wees en om sy huidige werklikheid te weerspieël.
In ’n eenparige besluit tydens ’n onlangse vergadering het die vereniging se voorsitter, Richard Redecker, die naweek wysigings aangekondig wat sy bedryfwighede sal vereenvoudig, lidmaatskap sal uitbrei en sy verbintenis met die breër landelike gemeenskap sal versterk.
“Die ou grondwet was eenvoudig nie meer op datum nie,” het die ondervoorsitter, Markus Trede, aan Network Media Hub (NMH) gesê.
“Dit is in Afrikaans geskryf en het ingewikkelde reëls vir vergaderings en stemmery gehad, wat dit moeilik gemaak het om die vereniging te bestuur,” het hy verduidelik.
Die opdatering van die grondwet het byna vier jaar geneem, met lede wat nou saam met die Namibië Landbou-unie (NLU) gewerk het om te verseker die wysigings versterk eerder as verswak die vereniging se rol in die nasionale netwerk vir boere.
Trede het beklemtoon dat die vereniging ten volle tot die NLU verbind bly.
“Ons is en bly ’n boerevereniging en ons bly deel van die NLU,” het hy gesê.
“Dié wysigings gaan nie daaroor om weg te stap van die NLU nie, maar om die boerevereniging meer toeganklik en doeltreffend te maak, terwyl dit steeds binne die groter landbounetwerk bly.”
Een van die belangrikste opdaterings was die toevoeging van volhoubaarheid en natuurbewaring tot die vereniging se amptelike doelwitte. Met klimaatsverandering wat gronderosie veroorsaak en weidingstoestande raak, het lede saamgestem dat boerdery se toekoms van die beskerming van grond afhang.
Die vereniging het ook erkenning gegee aan die rol wat toerisme en jagplase in die bewaring van die omgewing speel.
“Ons moet ons wild en flora ondersteun en herstel, nie net omdat dit die regte ding is om te doen nie, maar omdat dit help om ons gebied aantreklik vir besoekers en besighede te hou,” het Trede verduidelik.
Om doeltreffendheid te verbeter, het die vereniging digitale vergaderings en stemmery ingestel. Voorheen het administratiewe prosedures vergaderings gekniehalter. Nou kan eenvoudige kwessies soos die goedkeuring van die notule van ’n vergadering via WhatsApp hanteer word, wat tyd sal maak vir vergaderings om sinvolle besprekings te hou en vir opleiding.
“Met ons nuwe digitale stemstelsel kan ons onnodige vertragings verminder wat dinge gladder sal laat verloop,” het hy gesê.
Nog ’n groot wysiging is die uitbreiding van lidmaatskap wat meer as net tradisionele boere dek. Die vereniging verwelkom nou toeroperateurs, kleinhoewe-eienaars, landbouverskaffers en ander rolspelers in die landelike gemeenskap.
“Die aantal plase met lewende hawe in ons streek word kleiner, maar meer mense as ooit het ’n aandeel in die plattelandse lewe,” het Trede verduidelik.
“Toerisme en jagplase, eienaars van kleinhoewes, verskaffers – hierdie mense deel baie van dieselfde uitdagings as tradisionele boere. Dit het sin gemaak om hulle ’n manier te gee om amptelik aan te sluit en by te dra.”
Hy het egter beklemtoon dat dit nie die vereniging se kern-identiteit as ’n organisasie vir boere verander nie.
Volle lidmaatskap bly verbind tot diegene wat in aanmerking kom vir NLU-lidmaatskap, terwyl ondersteunende lede nou die geleentheid het om deel van die Omaruru Boerevereniging se bedrywighede te wees.
Die uitbreiding het ook ten doel om die jonger generasie te betrek. Baie kinders van boere werk nou in ander sektore, maar voel steeds verbind tot die boeregemeenskap.
“Dié wysiging stel hulle in staat om op ’n maklike en bekostigbare manier steeds betrokke te bly.”
Ten spyte van die wysigings het Trede die hoop uitgespreek om die vereniging se rol in die verlede as ’n lewendige bymekaarkomplek vir die hele plattelandse gemeenskap te herstel.
“Lede van die ouer generasie onthou toe die boerevereniging dié plek was om te wees. Mense het mekaar gereeld ontmoet, nie net om oor boerdery te gesels nie, maar om saam te kuier, ’n bier te drink en pret saam te hê,” het hy verduidelik.
“Ons wil daardie gees weer terugbring.”
Om die wysigings te weerspieël, het die vereniging ook sy kenteken verander deur die koedoe en Franke-toring (’n nasionale monument in Omaruru) te behou, maar teks in ses Namibiese tale by te voeg.
“Ons is trots op ons geskiedenis, so ons het ons Afrikaanse naam as ons amptelike identiteit behou,” het Trede gesê.
“Maar ons wou ook wys dat ons vir almal oop is, veral die talle opkomende boere in ons streek.”
Die vereniging beplan om nou aktief sy nuwe opsies vir lidmaatskap te bemark en opleidingsessies te reël oor misdaadvoorkoming op die platteland, asook volhoubare boerdery. Planne is ook aan die gang vir ’n langverwagte 120ste bestaansjaarviering, wat as ’n mylpaal vir die vereniging se nuwe rigting sal dien.
“Ons het ’n lang geskiedenis, maar ons is die bewys dat ons selfs ná 120 jaar kan aanpas, groei en toepaslik bly,” het Trede gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie