Bokboere beloon by Keetmans-skou
Net ‘n handjievol boere het verlede week diere by die Keetmanshoop-skou vertoon, maar organiseerders was tog tevrede met bywoning en kwaliteit.
Die skou se landbou-koördineerder, mnr. Antonius Losper, het die beskeie opkoms aan die voortgesette nasleep van die Covid-19-pandemie toegeskryf.
Sewe boere, die meeste uit kommunale gebiede, het 41 boerbokke vertoon. Sommige boere kon volgens Losper nie hul diere betyds skougereed kry nie.
Die Vleisraad het pryse ter waarde van N$5 000 geborg en die Meatmaster Consortium N$10 000.
Die wenners was as volg:
Lesley Kienda – junior kampioenram, junior kampioenooi, reserwe kampioenram, twee reserwe kampioenooie
Rabiado Ouarum – senior kampioenram, reserwe kampioenram
Kenneth April – senior kampioenooi
Mnr. Llewellyn Muenjo, landboubeampte op die dorp, het die interaksie tussen kommunale en hervestigingsboere as uitstekend bestempel. Diere se kondisie was volgens hom baie goed.
Die dorp se munisipale verkeershoof, mnr. Apollus Mutinga, het vir die eerste keer diere geskou.
Muenjo sê die skou mik volgende jaar vir “groter en meer”.
Volgens Losper sal ses maande se hulp verleen word met die identifisering van skouvee en kenners en beoordelaars sal van buite betrek word.
Keetmanshoop se skoutema was die ontsluiting van geleenthede deur landbou en handel.
Die dorp se eerste skou het in 1959 plaasgevind.
Die //Kharasstreek se goewerneur, me. Aletha Fredericks, het tydens die skou se opening nywerheidsontwikkeling en werkskepping vir die dorp en streek beklemtoon.
Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk-eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, was die eregas. Sy het die belang daarvan benadruk om met skoue deur te druk ondanks uitdagings – iets wat net moontlik is wanneer almal saamwerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie