Brasilië skenk N$2,2 m. vir voedselsekerheid
Ondersteun vyf voedselstelselprojekte
Hierdie skenking sal nasionale pogings ondersteun wat ten doel het om die lewensbestaan van mense in landelike gebiede te transformeer en werksgeleenthede vir die jeug en vroue te skep.
Ellanie Smit - Brasilië het US$120 000 - sowat N$2,2 miljoen - aan Namibië geskenk om vyf voedselstelselprojekte ’n hupstoot te gee en terselfdertyd die oordrag van vaardighede en kennis na teikengemeenskappe te fasiliteer.
Ericah Shafudah, Namibië se verteenwoordiger vir die Wêreldvoedselprogram (WFP), het gesê die skenking bied ’n unieke geleentheid vir Namibië – met die WFP se ondersteuning – om die voedselstelselprojekte beter te bestuur.
In 2021 het die WFP met Brasilië as vennoot die implementering van die vyf gemeenskapsgebaseerde voedselstelselprojekte in verskillende streke ondersteun – naamlik die Tsumkwe-kliniek in Otjozondjupa, Olukula-kliniek in Ohangwena, Epako-kliniek in Omaheke, die Stampriet-skool in Hardap en die Opuwo-kraamfasiliteit in die Kunenestreek.
Shafudah het gesê hierdie skenking sal boonop nasionale pogings ondersteun wat ten doel het om die lewensbestaan van mense in landelike gebiede te transformeer en werksgeleenthede vir die jeug en vroue te skep.
“Hierdie fondse sal gebruik word om voedselproduksie op te stoot, bestaande infrastruktuur by projekpersele te versterk, bestuurstrukture te verbeter, kapasiteitsbou van projekdeelnemers en kleinboere te verhoog, asook om opsies vir waardetoevoeging te ondersoek om verliese ná oeste te verminder.”
Die Brasiliaanse ambassadeur in Namibië, Vivian Loss Sanmartin, het gesê die samewerkingspogings tussen Brasilië en Namibië in die gebied van voedselsekerheid het die afgelope paar jaar aansienlike vordering gemaak.
Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, het gesê hierdie ruim finansiële ondersteuning is in lyn met Namibië se nasionale ontwikkelingsdoelwitte en objektiewe uitkomste in die landbousektor.
“Dit word hoog op prys gestel, veral met inagneming van die gekose fokusareas om ons land te help om kwesbaarheid te verminder en om voedsel- en voedingsekerheid op gemeenskaps- en nasionale vlak te bereik.”
Hierdie bystand sal Namibië veral ondersteun in die bereiking van sy volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's), veral dié om armoede en hongersnood uit te wis.
"Ons doelwitte om voedselselfvoorsiening en voedselsekerheid te bereik is deurslaggewend en die SDG's gee ons ’n duidelike internasionale verbintenis om ons ambisies te ondersteun," het Schlettwein gesê.
Hy het gesê die onmiddellike impak van hierdie skenking sal die begunstigde gemeenskappe in staat stel om hul eie voedsel te produseer en sodoende minder afhanklik van noodprogramme te word.
Dit sal ook hulle voedingsinname en die kwaliteit van lewens en lewensbestaan verbeter, en skoolopleiding en onderrig aanmoedig deur die ontwikkeling van kognitiewe vaardighede en menslike kapitaal.
Verder sal dit begunstigdes aan die hoofstroom van produktiewe ekonomiese aktiwiteit blootstel en sodoende generering van inkomste moontlik maak en die grense van armoede en kwesbaarheid terugskuif, en bydra tot nasionale voedselsekuriteit en selfvoorsieningsdoelwitte.
SELFVOORSIENING
Schlettwein het gesê vir proteïene, vleis en vis is Namibië in ’n surplusposisie.
“Vir basiese stapelvoedsel, mielies, is ons naby aan volle selfvoorsiening en plaaslike produksie staan tans op sowat 80% van die totale vraag.”
Hy het gesê koringproduksie is egter steeds ver onder die teiken en moet aansienlik verbeter.
“Verskeie tuinbouprodukte het verbeter tot bo die plaaslike produksiemerk van 50% en pogings gaan voort om produksie verder te verhoog.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie