Die vele gebruike van ‘n beeskarkas
Tot 40% beland in ander produkte
Medisyne, brandbestrydingsmiddels, biobrandstof, sporttoerusting en porselein is van die produkte wat van 'n bees gemaak kan word..
Slegs sowat 60% van ‘n bees word as vleis benut, terwyl die ander 40% in produkte soos lipstiffie en vliegtuigbrandstof opeindig.
Volgens ‘n artikel wat onlangs in die Namibië Landbou-unie (NLU) se nuusbrief verskyn het, word beesvet nie net in vleisprodukte gebruik nie, maar word ook in kersvet of harde vet verwerk, wat dan in sommige lyfrome, skoonheidsmiddels, seep en tandepasta gebruik word.
Dít dien ook as ‘n vriessmeermiddel en word in hidrouliese remvloeistowwe en straalenjins gebruik, terwyl dit selfs as 'n biobrandstof vir vliegtuie in die Amerikaanse lugmag getoets word.
In die mediese wêreld word dit vir insulien benut, volgens ’n artikel wat oorspronklik in Agri News Net verskyn het.
“Beesinsulien is byna identies aan mense s'n, dus kan ’n bees se pankreas gebruik word om insulieninspuitings vir diabete te maak. Net so word die byniere in sekere steroïedmiddels gebruik en ’n bees se kraakbeen kom in mense se medisyne voor wat aan osteoartritis ly.
Beeste se longe word in bloedverdunners soos heparien gebruik en soms word beesreste selfs in plastiese chirurgie gebruik.
Volgens die artikel word kollageen uit beeste se velle gesuiwer en in die gesig ingespuit vir ’n jonger voorkoms. Gelatien, wat gemaak word van opgekookte beesbene en vel, gee die gomagtige struktuur aan onder meer malvalekkers, karamellekkers, gomlekkers en konfyte.
‘n Organisasie in Norfolk in Engeland versamel emmers vol beesderms by slagplase en omskep dit in natuurlike raketsnare wat talle van die wêreld se toptennisspelers verkies. Dit neem omtrent vier beeste se derms om die gemiddelde raket te ryg.
Boonop is dit ‘n moeisame proses om die rakette te maak, maar anders as sintetiese tou, kan natuurlike raketsnare rek en weer terugkeer na hul oorspronklike vorm.
Dit absorbeer die skok van die raket om ‘n bal te slaan, baie beter, wat glo die risiko op tenniselmboog verminder.
Beesbene word ook in fyn porselein omkep en beland op tafels as van die beste eet- en teestelle denkbaar, terwyl beeshoewe in moderne tye in brandbestrydingsmiddels gebruik word.
’n Proteïen genaamd keratien, wat uit die hoewe onttrek word, word gebruik om ’n spesiale brandblusskuim te maak wat brand- en -reddingspanne gebruik. Die skuim is spesifiek ontwerp vir warmer, baie intense vure wat deur lugvaartbrandstof veroorsaak word. – Verkort uit die NLU-nuusbrief van 25 Maart 2022.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie