• Tuisblad
  • Landbou
  • Digitalisering belangrik vir landbouhervorming in Afrika
Die sekretaris-generaal van die FAO, mnr. Qu Dongyu. Foto Verskaf
Die sekretaris-generaal van die FAO, mnr. Qu Dongyu. Foto Verskaf

Digitalisering belangrik vir landbouhervorming in Afrika

Ronelle Rademeyer
’n Belowende hervorming het reeds op plase en op landery in Afrika begin.

Familieboerderye maak toenemend gebruik van innoverende benaderings en wetenskaplike navorsing, gekombineer met tradisionele kennis, om die produktiwiteit van hul lande te verhoog, hul gewasse te diversifiseer, voedselsekerheid te verbeter en veerkragtige klimaatsaanpassings te maak.

Só sê die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie (FAO), Qu Dongyu.

Hy sê hierdie grensverskuiwing kan verder gevoer word met die toevoeging van digitale gereedskap, verbeterde toegang tot na markte en groter doeltreffendheid langs landbouvoedselkettings, veral as die private sektor en nasionale beleide in pas is.

“Dit is die Afrika wat die FAO en vennote bevorder om seker te maak

Afrika se landbouvoedselstelsels word doeltreffender, meer inklusief, meer veerkragtig en meer volhoubaar,” sê hy.

Hy het hierdie opmerkings gemaak op die vooraand van die FAO se streekkonferensie vir Afrika wat van 11 tot 14 April in Malabo, Ekwatoriaal-Guinee plaasvind. Namibië is een van meer as 50 Afrikalande wat dit sal bywoon.

Die konferensie vind plaas in ‘n tyd wat 281 miljoen mense in Afrika nie genoeg kos het om

elke dag te eet nie.

Dongyu sê byna driekwart van die Afrika-bevolking kan nie voedsame kos bekostig nie,

en droogte bedreig die lewens en lewensbestaan van mense in die Horing van Afrika. Dit is die realiteit terwyl lande worstel met die ekonomiese impak van die Covid-19-pandemie.

Hy sê vir hierdie landbouhervorming om volvoer te word, moet Afrikalande in die bestuurdersitplek wees.

“Tyd loop uit. Sonder buitengewone pogings deur elke Afrikaland, sal dit

moeilik wees om die teikens van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) te bereik.

“Digitalisering en die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied (AfCFTA) kan spelwisselaars in

hierdie buitengewone poging wees. By die FAO sien ons digitalisering as 'n kernelement van landelike ontwikkeling.

Ons 1 000 Digitale Dorpe-inisiatief word tans in sewe Afrikalande van stapel gestuur en het ten doel om gemeenskappe toe te rus met digitale gereedskap en dienste om plattelandse ontwikkeling en welstand te verbeter,” sê hy.

Deur hierdie inisiatief het die FAO reeds lande ondersteun om met digitale hulpmiddels elektroniese grondregisters te skep, plae en siektes met toeps te bestuur en voorligtingsdienste te lewer.

Dongyu sê op dieselfde wyse kan die AfCFTA Afrika se landelike welvaart radikaal omvorm. Hierdie interne streekmark, wat 1,2 miljard verbruikers dek, is 'n groot geleentheid om ekonomiese groei ‘n hupstoot te gee, armoede te verminder en ekonomiese insluiting te vergroot.

Hy sê Afrikalande het reeds 'n reeks instrumente in hul hande om die hervorming van landbouvoedselstelsels en landelike ontwikkeling te bespoeding. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!