Digitalisering nie prioriteit vir landbou
Agri-tegnologiese innovering groei wêreldwyd
Namibië is agste uit 16 lande geplaas as dit by agri-tegnologiese innovering kom, wat beteken die land beskik wel oor sommige sleutel fundamentele pilare vir ʼn robuuste digitale ekonomie.
Terwyl digitalisering van die landboubedryf wêreldwyd tans eksponensieel groei, geniet dit nie veel aandag binne die Namibiese landboubedryf nie.
ʼn Ontleding deur die konsultantefirma IMC Worldwide toon dat digitalisering oor die algemeen aandag in Namibië geniet, maar dié fokus het nie na nasionale landboubeleide en strategieë deurgesyfer nie.
Dit is volgens ʼn verslag wat ’n nasionale en streekoorsig bied van huidige agri-tegnologiese innovering in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), asook ʼn ontleding van individuele beleidsomgewings bevat.
Hierdie verslag is saamgestel in opdrag van die sentrum vir die koördinering van landbounavorsing en -ontwikkeling vir Suider-Afrika (CCARDESA).
Namibië is agtste uit 16 lande geplaas as dit by agri-tegnologiese innovering kom, wat beteken die land beskik wel oor sommige sleutel fundamentele pilare wat nodig is vir ʼn robuuste digitale ekonomie.
Volgens die verslag vaar Suid-Afrika die heel beste in SADC as dit by digitalisering van die landboubedryf kom, gevolg deur Mauritius, Seychelle, Eswatini, Tanzanië, Botswana en Zimbabwe.
Namibië, in die agtste plek, vaar egter steeds beter as die gemiddelde Afrikaland in terme van agri-tegnologiese innovering.
“Namibië het die swakste gevaar in die afdeling vir ʼn G5-digitale ekonomie, wat ʼn maatstaf is om beleide en regulasies se dinamika en aanpasbaarheid te meet om ʼn digitale ekonomie te bevorder.
“Ongeag positiewe vooruitgang in terme van nasionale beleide en planne, is daar min bewys dat die fokus op digitale transformasie ook ʼn plek in landboubeleide gevind het,” lui die verslag.
Terselfdertyd sê die ontleders dat die landbousektor ryp is vir innoverende oplossings om uitdagings soos voedselsekuriteit, honger, inklusiwiteit en volhoubaarheid op nasionale, streek- en internasionale vlakke te takel.
BEKENDSTELLING
Die verslag, wat deur die Wêreldbank gefinansier is, is op 23 Junie tydens ʼn webinaar bekendgestel onder leiding van mnr. Domingos Gove, SADC se direkteur vir voedsel, landbou en natuurlike hulpbronne; dr. Marie-Agnes Jouanjean van die Wêreldbank; asook dr. Simon Mwale, CCARDESA se waarnemende uitvoerende direkteur.
Digitale landboukursusse is egter goed geïntegreer in die kurrikulum van hoër landbou-onderwys in Namibië, tog skiet kapasiteitsbou vir digitale entrepreneurskap en onderrig tekort.
Universiteite is goed toegerus met IT-vaardighede en digitale opleiding, maar dit is nie ontwikkel vir landbou-entrepreneurskap nie.
Volgens die verslag is agt sleuteldokumente in Namibië ontleed wat fokus op die verspreiding van tegnologie vir internet- en telekommunikasie (IKT), die opstel van ʼn bevorderende omgewing vir IKT, ’n e-regering, universele toegang, digitale vaardighede en kubersekuriteit.
“Ten spyte van goeie vooruitgang binne nasionale beleid en algemene planne, is daar min bewyse dat dié fokus op digitale transformasie in landboubeleide opgeneem is,” is die bevinding.
NOU IS DIE TYD
Digitalisering groei tans eksponensieel en het oor die afgelope tien jaar ʼn groot rol in sommige dele van die wêreld gespeel – soveel so dat dit kommersiële waarde vir kleinboere begin inhou het. Dit sluit in digitale oplossings soos Hello Tractor, WeFarm, and Viamo.
“Tog staan digitale landbou steeds in sy kinderskoene. Finansiering met behulp van skenkings is noodsaaklik vir die ontwikkeling van die sektor, veral in verskeie SADC-lidlande. Dit sluit egter Suid-Afrika uit.
“Die International Finance Corporation (IFC) is van mening dat digitale vaardighede noodsaaklik is vir die toekomstige arbeidsmag van Afrika.
“Teen 2030, sal meer as 230 miljoen werksgeleenthede in Afrika digitale vaardighede vereis, wat tot soveel as 650 miljoen opleidingsgeleenthede sal lei.
“Digitale vaardighede is noodsaaklik om werk te vind en te behou en ook om die sogenaamde ‘digitale gaping’ toe te maak,” lui die verslag.
“Die digitalisering van die landboubedryf omvat die gebruik van digitale tegnologieë, innovasies en data om sakemodelle en praktyke oraloor die waardeketting te transformeer,” word in die verslag verduidelik.
“Dit moet ook benut word om knelpunte in produktiwiteit, na-oeshantering, marktoegang, finansiering en voorsieningskettings te bestuur, sodat kleinskaalse boere beter inkomstes kan verdien.
“Tegnologie word ook ingespan vir verbeterde voedsel- en voedingsekerheid, beter veerkragtigheid as dit by die klimaat kom, asook verbeterde inklusiwiteit as dit by vroue en die jeug kom.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie