Droogte vererger veeprobleem langs paaie

Ellanie Smit
Die beweging van vee op en langs openbare paaie is lank reeds ’n probleem in Namibië en die situasie vererger gedurende periodes van droogte.

Volgens die Namibië Landbou-unie (NLU) word vee dan van oraloor in padreserwes ingejaag en bly selfs snags daar.

Die unie sê verskeie wetgewing fokus op rondlopervee of diere wat ’n gevaar kan inhou. Volgens wet kan die diere geskut of skriftelik by die bevelvoerder van die naaste polisiekantoor aangemeld word, wat dan die nodige stappe sal doen.

Die NLU sê die probleem is egter dat skuilings nie oral beskikbaar is nie. Eienaars op wie se grond die diere oortree, polisiebeamptes en gemagtigde persone mag optree om die diere te verwyder.

Volgens die ordonnansie op paaie moet persone wat vee langs openbare paaie wil verskuif in besit wees van ’n permit wat deur ’n landdros uitgereik is.

Sekere beperkings geld, naamlik dat die persoon wat saam met die vee beweeg, vir die duur in dieselfde rigting en vanaf die beginpunt tot by die bestemming in dieselfde rigting moet beweeg. ’n Afstand van ten minste 15 kilometer moet binne 24 uur afgelê word.

Die NLU sê diere wat op of langs geproklameerde paaie regulasies oortree, is onderhewig aan die oortreding van die ordonnansie vir diere en word ingevolge die bepalings daarvan hanteer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!