Die droogteverligtingsprogram van N$825 miljoen is deur die kabinet goedgekeur. Foto ter illustrasie Francoise Steynberg
Die droogteverligtingsprogram van N$825 miljoen is deur die kabinet goedgekeur. Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Droogtehulp van N$825 m. goedgekeur

Francoise Steynberg
Die kabinet het vandag die kantoor van die eerste minister se droogteverligtingsprogram van N$825 miljoen vir die 2024-’25- finansiële jaar aangekondig.

Die kabinet het die geraamde begroting bekragtig wat voedselhulp van N$600 miljoen insluit, N$100 miljoen elk vir die vee-ondersteuningsprogram en watervoorsiening, asook N$25 miljoen vir die voorsiening van saad en kunsmis.

Dit spruit uit die ministerie van landbou, water en grondhervorming wat ’n dringende beroep op die eerste minister gedoen het om die huidige droogte tot ’n nasionale noodtoestand te verklaar.

Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, Modestus Amutse, het gesê die kantoor van die eerste minister is opdrag gegee om voort te gaan met voedselhulp aan begunstigdes wat vanaf 1 Julie 2024 tot 30 Junie 2025 aan die kriteria voldoen.

Die vee-ondersteuningsprogram behels aansporings vir veebemarking en subsidies vir die huur van weiding, vir die vervoer na of van weidingsgebiede en die aankoop van veevoer. Dit is van toepassing vanaf 1 April 2024 tot 31 Maart 2025.

Die verkoop van gesubsidieerde voer aan boere deur landbou-ontwikkelingsentrums is geldig vanaf 1 Julie 2024 tot 31 Desember 2024.

Die kabinet het ook die verhoging van aansporings vir veebemarking vir grootvee van N$500 tot N$750 per kop tot 75 grootvee goedgekeur, en vir kleinvee van N$100 tot N$150, tot 375 kleinvee.

2013

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!