Namibië sukkel om entstowwe vir onder meer ramsiekte, slenkdalkoors en bruselose in die hande te kry. FOTO PIXABAY.
Namibië sukkel om entstowwe vir onder meer ramsiekte, slenkdalkoors en bruselose in die hande te kry. FOTO PIXABAY.

Entstoftekort kasty ook plaaslike boere

SA-rooivleisprodusente dreig met verdere stappe
Suid-Afrika se RPO sal voorts 'meer drasties' optree indien owerhede nie spoedig die voorgestelde oplossings implementeer om entstofproduksie by Onderstepoort te beredder nie.
Elvira Hattingh
Die tekort aan strategiese entstowwe vir vee wat ‘n “ramptoestand” vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf veroorsaak, is ‘n ewe groot bron van kommer vir Namibiese veeprodusente.

Jako van Wyk, ondervoorsitter van Namibië se Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), het verlede week aan AgriMonitor bevestig plaaslike boere sukkel ook met die beskikbaarheid van sekere entstowwe en staan boonop “agter in die ry” om hiervan vanaf Onderstepoort te ontvang.

Dit volg nadat die LPO se Suid-Afrikaanse eweknie, die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), verlede week in ‘n mediaverklaring aangedui het hy sal voorts “meer drastiese stappe doen” indien owerhede nie spoedig oplossings implementeer om die saak by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) te beredder nie.

Volgens die RPO veroorsaak die tekort aan strategiese entstowwe ‘n “ramptoestand in hul vee- en dierebedrywe”.

Intussen het Thoko Didiza, die buurland se minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, verlede Dinsdag ‘n begroting aan die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê, waartydens sy onderneem het om stabiliteit by OBP te verseker. Sy het gesê sy was deel van gesprekke tussen OBP en ‘n “wêreldleier in farmaseutiese produkte” oor die moontlikheid om OBP te help met die vervaardiging van enstowwe. Sy het gesê maatreëls vir die samewerking met die farmaseutiese maatskappy Aspen word tans ontwikkel.

Sy het aangedui dat hulle bewus is van die dringendheid van entstowwe teen Afrika-perdesiekte (APS) en bloutongsiekte.

PLAASLIK

“Die LPO is besig met ‘n dringende ondersoek oor hoe ons hierdie noodsaaklike entstowwe in die hande kan kry,” het Van Wyk gesê. “Van ons boere was selfs by Onderstepoort se fabriek en kon ook nie regkom nie, want die entstowwe is net nie beskikbaar nie.

“Onderstepoort se probleme is net soveel Namibië s’n. Boonop staan ons agter in die ry – hulle sal eers vir Suid-Afrika sorg voor hulle die oorskiet na ons toe uitvoer,” het hy verduidelik.

“Ons sukkel met die beskikbaarheid van entstof vir ramsiek, of Brucella ovis. Dit is ‘n reuse probleem, veral vir ramtelers. Ons kry ook nie entstof teen slenkdalkoors – iets waarvoor jy jou vee in die reënseisoen moet inent. Gelukkig het ons nog nie ‘n uitbreking hiervan ervaar nie.

“Beesboere sukkel om entstof teen brucellose te kry, iets waarmee jy jou verse volgens wet móét inspuit,” het hy gesê.

SA SLEEP VOETE

Die Suid-Afrikaanse RPO het verlede week ‘n mediaverklaring uitgereik waarin hulle gesê het kommersiële en ontluikende produsente ly nou ernstige verliese weens uitbrekings van bloutong, wat ‘n sterftesyfer van so hoog as 50% binne kuddes het, terwyl APS onder perde en donkies maai.

Die RPO-voorsitter, James Faber, sê die organisasie het die tekort voorspel in die entstowwe wat slegs deur OBP geproduseer kan word.

Die RPO voel owerhede het die bedryf in die steek gelaat deur te versuim om tóé reeds te reageer en sê daar word steeds voete gesleep. Die RPO sê daar is geen dringendheid om die nood te verlig nie.

“Dit lei daartoe dat sommige veeprodusente nou onwettige, ongeregistreede entstowwe gebruik wat groot risiko’s inhou,” sê Faber.

Die bedryf het reeds voorstelle aan owerhede gemaak, soos dat enstowwe deur meer as een diensverskaffer geproduseer moet word, dat dit met behulp van die private sektor namens OBP geproduseer moet word of dat kapasiteit by hul kantoor van die registrateur moet verbeter sodat registrasie-aansoeke vinniger geprosesseer kan word.

“Die RPO versoek dringend dat die oplossings wat deur owerhede afgekondig is, geïmplementeer moet word . . . Alhoewel dit reeds te laat is, moet alles moontlik gedoen word om nasionale pandemies te verhoed,” het Faber gesê.

“Die RPO wil dit op rekord stel dat dit in belang van voedselsekuriteit, armoedeverligting, implementering van wetgewing, menslike gesondheid, uitvoerstrategieë en dierewelsyn is. Meer daadwerklike stappe sal gedoen word, indien nodig, om te verseker dat die entstofkwessie spoedig opgelos word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!