Fonds wil boere met sprinkaanbestryding help
Die fonds Droogtehulp Namibia wat tydens die droogte gestig is om veevoer te koop en boere te help om hul vee aan die lewe te hou, is opnuut geaktiveer.
Dié keer om die sprinkaanplaag in die Suide te help bestry, want boere het insette soos brandstof, plaagdoder en spuittoerusting nodig om dit doeltreffend te doen.
Me. Henriëtte le Grange staan soos in die verlede weer aan die stuur van sake om die hulp wat aangebied word, te koördineer.
Minstens 1,2 miljoen hektaar in die ||Kharasstreek loop onder uitbrekings deur en boere by Maltahöhe en Gibeon in die Hardapstreek, voer ook reeds ’n verbete stryd soos wat swerms sprinkane noordwaarts beweeg.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het 20 beamptes in die ||Kharasstreek in die veld. Hulle is in sewe spanne verdeel en spuit soggens vanaf 03:00 tot omtrent 10:00 plaagdoder in gebiede waar swerms sprinkane voorkom.
Mnr. Thinus Pretorius, vooorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), sê as die koue vroeg kom, kan dit boere baat.
“Die springkane is erg, maar daar is baie gras. As die die koue vroeg kom, kan dit makliker bestry word aangesien die sprinkane baie kwesbaar is.
“Volgens sommige Suideboere maak die koue hulle dood. Die probleem kan egter volgende jaar en (die jaar) daarna kom wanneer die eiers wat nou gelê word, uitbroei en daar nie soveel gras soos nou is nie,” sê Pretorius.
Mnr. Kobus van der Merwe, verteenwoordiger van die ||Kharasstreek op die uitvoerende raad van die Namibië Landbou-unie (NLU), het die uitbreking as die ergste ooit in sy leefstyd beskryf.
Volgens hom het die NLU, Feedmaster en Kaap Agri boere reeds die boere gehelp deur plaagdoder te skenk. Dit was egter nie ’n “honderste” van wat nodig is.
“Jy spuit vandag, en môre, as jy op daardie plek kom, is daar net nog, en nog, en nog. . .,” het hy vroeër gesê.
Vir meer inligting oor hoe individue en sakeondernemings betrokke kan raak en aan boere hulp verleen, kontak Le Grange by 081 124 9670.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie