Franse aartappels presteer plaaslik
Baie te leer uit proewe
Sommige Franse aartappel-variëteite het tydens plaaslike proewe selfs beter oeste gelewer as plaaslike kommersiële variëteite.
Namibiese groenteboere word aangeraai om Franse aartappel-variëteite te beproef.
Dit kom nadat plaaslike navorsing getoon het dat die Barcelona-, Montreal-, Spunta- en Rainbow- variëteite nie net in plaaslike toestande aanpas nie, maar sommige selfs beter oeste lewer as plaaslike kommersiële variëteite.
In die Namibië Akkerbouraad se jongste nuusbrief is verduidelik dat twee rondes proewe op Franse aartappel-variëteite tussen Mei en September verlede jaar gedoen is in plaaslike groente-produksiesones wat nie ’n groot risiko vir ryp inhou nie, naamlik in die noord-sentraal-, Karst-, Kavango- en Zambezi-gebiede – op 13 proeflande.
Tydens die proewe is die Franse-variëteite vergelyk met twee plaaslike kommersiële variëteite, naamlik Mondial en Tyson. Die Barcelona- en Montreal- variëteite het beter oeste gelewer as Mondial en het oeste van onderskeidelik 67 ton per ha en 61 ton per ha gelewer, teenoor Mondial wat in dieselfde toestande net 60 ton per ha gelewer het.
Die plaaslike kommersiële variëteit Tyson het tydens die proewe ’n oes van sowat 46 ton per ha gelewer. Twee Franse-variëteite, naamlik Nicola en Satis kon nie beter as hierdie variëteit presteer nie en het tydens die proewe onderskeidelik net sowat 45 ton per ha en 39 ton aartappels per ha gelewer.
Boonop het die Montreal-variëteit beter in Namibië presteer as selfs in Frankryk: Plaaslik het dit sowat 61 ton aartappels per ha gelewer, en in Frankryk net 55 ton per ha.
Die ander Franse-variëteite het swakker gevaar as in Frankryk, maar die afwykings vir die Barcelona-, Sputna- en Rainbow-variëteite was minimaal.
Die Akkerbouraad beveel dus die Barcelona-, Montreal-, Spunta- en Rainbow-variëteite vir groenteboere aan, om die plaaslike variëteite te komplementeer wat gewoonlik vanuit Suid-Afrika ingevoer word.
Die tweede proefneming is deur die NAB gedoen, in samewerking met die Franse maatskappy Comptoir Du Plant wat die saad voorsien het, asook die Universiteit van Namibië (Unam), wat tegniese ondersteuning asook die grond verskaf het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie