Geen bewerking? Geen probleem!
Toonaangewende bewaringsboer wys hóé
Bewaringsboerdery het bewys dit kan verbeterde en volhoubare produktiwiteit, groter wins en voedselsekuriteit, meebring.
Elvira Hattingh
Terwyl navorsing toon dat bewaringsboerdery, ten spyte van ’n dekade en ’n half se bevorderings- en steunprogramme, steeds nie ’n vastrapplek in Namibië kon kry nie, doen een boer in die Mieliedriehoek dit reeds vir 12 jaar.
Klaas Malan, wat op die plaas Venus in die Grootfontein-vallei boer, verduidelik die kern van bewaringsboerdery “is om ons ingesteldheid teenoor die natuur te verander. Ek voel dis ’n voorreg om verantwoordelik te kan optree,” het hy verlede week tydens ’n besoek aan sy plaas aan Agri Monitor verduidelik.
Klaas is ’n prominente akkerbouer in die Mieliedriehoek. Hy pas reeds vir 12 jaar lank bewaringsboerderytegnieke toe en doen geenbewerking op sy mielielande.
Hy is ook bekend as ’n kampvegter daarvoor dat die Namibiese regering plaaslike akkerbouers die keuse moet bied om GMO-mielies te plant.
“Ons volg ’n meer biologiese as chemiese benadering tot landbou – jy beskerm die mikrobiologie in die grond en werk om dit te bevorder en terselfdertyd dit te vermy wat dit benadeel,” verduidelik hy.
“Toe ek 15 jaar gelede begin kyk het na die geenbewerkingstelsel, het ek dit dalk om die verkeerde redes gedoen. Ek het geweet van die voordele soos beter waterinfiltrasie, die deklaag wat beter vog behou en beter toestande vir mikrobiologie.
“Ek het eers besef waaroor dit gaan toe ek die voordele ontdek het van dekgewasse en totale bewaringsboerdery, wat die hele ekologiese stelsel aan die gang kry,” het hy gesê.
REGERING
Oor die afgelope dekade het talle beleide vir die bevordering van beide bewaringsboerdery en landbou-ontwikkeling plaaslik die lig gesien, terwyl regeringsuitsprake dikwels ten gunste van dié metode is.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming definieer bewaringsboerdery as ’n benadering om landbou-ekostelsels te bestuur vir verbeterde en volhoubare produktiwiteit, groter wins en voedselsekuriteit. Dít terwyl die hulpbronne en omgewing bewaar en verbeter word.
Dit word wêreldwyd as ’n “klimaatslim” boerderytegniek beskou en word dikwels in kontras met intensiewe of nywerheidslandbou beskou, wat maksimum gewasproduksie ten koste van die omgewing verkry.
IN PRAKTYK
Klaas het aan Agri Monitor ’n land gewys waarop daar die vorige jaar dekgewasse geplant is. Die reste is op die land gelos en vanjaar is mielies tussen-in geplant. Hy verduidelik sy benadering van geenbewerking behels dat lande nie omgeploeg word nie.
“Daar is voorwaardes – jy kan nie in harde, droë grond plant nie. Ek is vanjaar egter met ’n ‘strip-till’ deur die land, wat jou in ’n mate in staat stel om droog te plant.”
Hy verduidelik ’n ‘strip-till’ is ’n implement wat slegs die smal ry bewerk waarin jy gaan plant.
“Ons het ’n satelliet-navigasiestelsel op al die trekkers, ons rye ‘skuif’ dus nie rond nie, dit lê op een plek.”
Hy sê die navigasiestelsel stel jou in staat om slegs die smal rytjies te bewerk om presies daarin te plant. Sy mielies het reeds opgekom omdat die reën op sy landerye tot dusver voldoende was.
Klaas sê hy ry oor en oor op enkele paaie deur sy lande – hoofsaaklik om te spuit – vir alles van onkruid, bemesting of blaarvoeding.
“Sekere onkruiddoders is byvoorbeeld baie nadelig vir die mikrobiologie in die grond, terwyl ander beter is.
Hy sê selfs ’n bewaringsboer kan nie heeltemal wegbeweeg van onkruiddoders nie.
“Die kuns lê daarin om die een te vind wat die minste skadelik is. Op die ou einde moet ons nog steeds ’n wins maak. As ek nie ’n wins maak nie, moet ek nie verder boer nie,” sê hy.
Klaas gooi ook hoendermis op sy lande, maar omdat die omgewing ook kwaai hitte en genoeg vog het, dra die humiensuur in die mis daartoe by dat sy deklaag op die grond vinniger verteer.
Hy is egter daarvan oortuig dat die voordele van die hoendermis vir die plante en die mikro-elemente in die grond so goed is, dat die mis ’n noodsaaklike element bly. Solank as wat hoendermis beskikbaar en bekostigbaar is, sal ek aanhou om dit te gebruik.”
WATER
Klaas sê hoe beter jou bedekking op die grond is, hoe koeler hou dit jou grond. Dit beteken die verdamping van water is minder, terwyl reën die grond beter binnedring.
Daarteenoor slaan omgeploegde grond dikwels toe nadat dit ’n paar keer gereën het.
Geenbewerking het hom in staat gestel om die infiltrasietempo van die reën veelvoudig te verhoog.
“Dit beteken ons het nie ’n probleem met water wat wegloop nie – buiten as jy byvoorbeeld 100 mm reën kry,” sê hy.
“Die water dreineer stadig uit en stroom nie weg nie, want daar is genoeg plantmateriaal wat dit vashou.”
Klaas sê bewaringsboerdery beteken hy is ook meer bestand teen droogtes. Hy vertel in 2017 het hulle ’n goeie, nat seisoen gehad, wat opgevolg is deur ’n droë 2018.
“My langtermyn-oesgemiddeld op ’n sekere land was 3 tot 3,5 ton per hektaar. In die droë 2018 het ek op daardie land vyf en ’n halwe ton geoes. Dit, danksy die vorige jaar se oortollige vog wat behoue gebly het oor die deklaag op die grond en die feit dat my plante al die reën wat wel geval het, kon benut.”
Hy sê egter rampdroogtes, soos in 2019, put eindelik al jou vogreserwes uit. “Daar is altyd uiterstes waarby jy nie verby sal kom nie.”
LEWE IN DIE GROND
Klaas sê ’n organiese deklaag huisves ook insekte – ’n bewaringsboer se “vriende”.
“Daar is altyd vir my gesê in Namibië het ons nie erdwurms nie, maar wel termiete, want niemand kry dit reg om erdwurms op sy lande te vestig nie.
“Ek het dit geglo, tot ek begin het om die geenbewerkingsmetode toe te pas. Toe is hier skielik erdwurms!”
Hy meen die benutting van GMO-saad, sal akkerbouers in staat stel om minder skadelike chemikalieë te gebruik, wat beter vir die omgewing is.
“As ek biotegnologie in my saad kan gebruik, hoef ek geen insekdoders te spuit nie. Daar is studies gedoen wat bewys dat as jy insekdoder teen een skadelike pes spuit, jy eintlik 1 500 insekte doodmaak, wat of voordelig is of jou geen skade doen nie. Dit sluit bye in.”
Hy sê GMO’s werk, daarteenoor, net op die een skadelike pes.
“Dit is mos baie meer omgewingsvriendelik,” meen hy.
Klaas sê Namibiese akkerbouers se produksiepotensiaal word erg beperk omdat hulle nie die keuse het om GMO-gewasse te plant nie.
“Terselfdertyd eet ons in elk geval GMO-produkte. Die mieliemeel wat ons op rakke koop, is wel GMO-meel, want die mielies wat ons uit Suid-Afrika invoer, is GMO-mielies.
“Ek oorweeg om, as ons nie in die toekoms dit kan doen nie, heeltemal op te hou om mielies te plant en net op beesproduksie te fokus,” het hy gesê.
“Vir my is die risiko’s minder en dis ’n meer volhoubare boerdery,” het hy gesê.
KOOLSTOF
Klaas sê koolstof is ook ’n baie belangrike element vir die grond.
“Hoe meer jy jou grond egter bewerk, hoe meer koolstof verbrand jy en verdwyn dit uit die grond. Hoe minder jy dit bewerk, hoe meer koolstof bly behoue en word daar dalk ’n bietjie in die grond teruggebind.”
Hy sê koolstof bou beter op in die lande waar hy sy beeste in die nat seisoen laat wei.
“Hulle mis val op die lande, word ingetrap en deur miskruiers in die grond ingewerk. Die koolstof-bouproses is beter as op plekke waar jy nie die vee-interaksie het nie,” het hy gesê.
“Die natuur is so geskape met plante én diere, nie net plante nie,” het hy verduidelik.
Klaas mik daarna om eindelik al sy lande onder ’n wisselboustelsel te plaas, waar hy een jaar graan en een jaar dekgewasse plant.
“Ek sal dit egter net kan doen as Namibiese boere toegelaat word om van GMO-tegnologie gebruik te maak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie