Geleenthede wink in tuinboubedryf
Al hoe meer groente plaaslik geproduseer
Tuinbouproduksie in Namibië neem stelselmatig toe, met veral die uitvoer van druiwe, dadels en bloubessies wat 'n groot suksesverhaal blyk te wees.
“Geleenthede bestaan in die Namibiese tuinboubedryf om meer druiwe, dadels, bloubessies, aspersies, uie, aartappels en tamaties te produseer.
“Dis hier waar daar ’n behoefte aan beleggers bestaan.”
Só het dr. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerbouraad (NAB), verlede Woensdag tydens hul nasionale toekennings vir die akkerbou- en tuinboubedryf op Grootfontein gesê – ’n geleentheid wat vir die eerste keer sedert 2019 weer aangebied is.
“Ons moet egter nie vergeet van waardetoevoeging en -prosessering nie. Dit is ’n verlore skakel in ons bedryf,” het Mwazi gesê.
Hy sê verwerkte produkte, soos aartappelskyfies, word teen ’n koste van bykans N$200 miljoen ingevoer. Hy meen plaaslike bedrywe wat vars produkte verder verwerk en prosesseer, kan waarde tot die bedryf voeg en help om werksgeleenthede te skep.
Mwazi sê een van die kwessies wat die bedryf ook dringend moet takel, is hoë insetkoste vir boere, want dit beteken kosprodukte gaan teen hoër pryse aan die verbruiker gelewer moet word.
“Die vraag is wat moet ons regdeur die voedselwaardeketting produseer, sodat ons steeds bekostigbare produkte kan lewer?” het hy gesê.
AL MEER GROENTE
Tuinbouproduksie in Namibië neem ook stelselmatig toe, het Mwazi gesê.
Terwyl daar in die boekjaar 2011-’12 plaaslik net meer as 30 000 ton vars produkte geproduseer is, het dié syfer in 2021-’22 op 40 465 ton gestaan.
“Die syfer gaan op en af, maar die oorhoofse trajek is opwaarts,” het hy gesê.
Mwazi sê as dit by uitvoere kom, het dieselfde gebeur.
In die boekjaar 2011-’12 is sowat 22 429 ton vars produkte uitgevoer, terwyl die jongste syfer op meer as 59 000 ton staan.
“Die groei is hoofsaaklik aan die uitvoer van tafeldruiwe en dadels toe te skryf, maar ook tamaties en uie,” het hy gesê.
In 2020-’21 is druiwe ter waarde van bykans N$856 miljoen uitgevoer, dadels van ongeveer N$93 miljoen en uie van sowat N$20 miljoen. Bloubessies het in dié jaar ook N$9,6 miljoen vir Namibië verdien.
“As dit by druiwe kom, is dit altyd goed om te verduidelik: Ons produseer self soveel daarvan dat ons kan uitvoer. Teen die tyd wat ons begin om druiwe te oes, einde Oktober of begin November, is die prys daarvoor baie hoog en dan bedien ons druiweboere nismarkte in Europa,” het hy gesê.
Mwazi het bygevoeg dat aartappels, appels, piesangs en lemoene onder die top- tuinbouprodukte tel wat die meeste in 2020-’21 ingevoer is.
Die waarde van die ingevoerde produkte was onderskeidelik N$138 miljoen, N$105 miljoen en N$46 miljoen.
Namibiërs se top-aankope oor dié tydperk was aartappels (N$96 miljoen), tamaties (N$34 miljoen), wortels (N$31 miljoen), Engelse komkommers (N$30 miljoen), uie (N$24 miljoen) en kool (N$21 miljoen).
Hy sê die verhoogde plaaslike produksie is hoofsaaklik te danke aan die markaandeel-bevorderingskema, waarvolgens plaaslike handelaars ’n sekere persentasie plaaslike produksie moet aankoop, voor hulle dit van buite Namibië kan aankoop. Die persentasie het aanvanklik met 5% begin en staan tans op 47%.
AKKERBOU
Mwazi het ook gesê vanjaar was ’n rekordoes vir Namibiese mielieboere op 90 895 ton.
Die naaste wat Namibië vantevore aan só ’n oes gekom het, was in die 2017-’18-boekjaar toe altesaam 76 660 ton mielies geoes is.
Hy sê die mielieoes is egter erg kwesbaar vir droogtes.
Ongeag die rekordoes, sal Namibië steeds sowat 112 985 ton mielies moet invoer om in die plaaslike behoefte te voorsien, wat op 203 880 ton geraam word.
Benewens die feit dat Namibië vanjaar die grootste mielieoes in die geskiedenis afgehaal het, was die koringoes ook een vir die rekordboeke.
Namibië het vanjaar plaaslik 18 498 ton koring geproduseer. Die meeste koring wat Namibië in die verlede geproduseer het, was tydens die 2012-’13-seisoen, toe 14 819 ton geoes is. Daarteenoor is daar in 2020 en 2021 onderskeidelik 4 466 ton en 11 498 ton koring geoes.
Ongeag vanjaar se rekordoes, word Namibië se vraag na koring op sowat 144 939 ton beraam, wat beteken 126 441 ton koring moet steeds ingevoer word om in plaaslike verbruikers se behoeftes te voorsien.
INVOERE EN UITVOERE
Mwanzi het gesê Namibië voer sy koring hoofsaaklik van Rusland, Pole en Tsjeggo-Slowakye in, terwyl mahangu van Indië ingevoer word.
Koring word ook van Noord- en Suid-Amerika, of Kanada, en Argentinië ingevoer, en alle mielies van Suid-Afrika. Van ons buurland word ook koring, tuinbouprodukte, gedroogte vrugte en neute ingevoer.
Namibiese druiwe word na 11 Europese lande asook na Asië, Kanada en Suid-Afrika uitgevoer. Dadels gaan hoofsaaklik na die Verenigde Koninkryk, Asië, die Verenigde Arabiese Emirate en Suid-Afrika. Uie, tamaties, soetrissies, botterskorsies en spanspek word ook na Suid-Afrika uitgevoer, terwyl Namibië uie en aartappels na Angola uitvoer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie