Gerugte oor NCA-vleis is 'vals, kwaadwillig'
Saai glo verdeeldheid onder beesprodusente
Die minister het gesê Namibiese beesvleisuitvoere word gerugsteun deur wêreldklas veeartseny-, fitosanitêre- en voedselveiligheidstandaarde.
Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) is “geskok” oor onlangse mediaberigte waarin beweer word plaaslike boere het Ghana-owerhede in ‘n brief meegedeel dat Namibiese vleis wat noord van die veeartsenykordonheining (VCF) geproduseer word, met bek-en-klouseer besmet is.
Die LPO sê sulke gerugte is nie net kwaadwillig en belaglik nie, maar saai verdeeldheid onder die land se beesprodusente. Boonop ondersteun die organisasie die regering se plan om ‘n dringende ondersoek te las na die egtheid van so ‘n brief, aangesien dit op “ernstige ekonomiese sabotasie” sal neerkom.
Vleis vanaf die noordelike kommunale gebiede word verder deur Meatco uitgevoer.
“Aantygings dat ‘wit boere’ Meatco se ondergang wil sien is kwaadwillig en absurd. Die enigste doel van so iets is waarskynlik om die aandag te verskuif vanaf regte kommer en pogings om kwessies met Meatco uit te klaar, wat tot voordeel van alle vleisprodusente oraloor die land sal strek,” het die LPO-voorsitter, Thinus Pretorius, in reaksie gesê.
Die LPO, wat onder die Namibië Landbou-unie (NLU) geaffilieer is, sê hy het herhaaldelik en oor baie jare beklemtoon dat die beesvleiswaardeketting alle lewendehaweprodusente moet insluit - ongeag of hulle noord of suid van die veterinêre kordonheining geleë is.
AFGEKEUR
Pretorius sê die aantygings word ten sterkste afgekeur omdat dit ten doel het om verdeeldheid in die lewendehawebedryf te saai – veral tussen produsente noord en suid van die VCF.
“Dit sal ‘n hartseer dag wees as gerugte soos hierdie daarin slaag om produsente noord en suid volgens ras te verdeel,” sê Pretorius.
“Die oortreder(s) moet volle verantwoordelikheid vir hul optrede te dra,” sê Pretorius.
Hy sê die LPO handhaaf reeds vir 33 jaar lank ‘n “kultuur en rekord van samewerking en gesprekvoering met sy lede, rolspelers, asook die owerhede om kwessies in die gees van deursigtigheid en nasionale belang te takel. Dit sluit Meatco in as ‘n sleutelrolspeler om die land se vleisbedryf te ontwikkel.
“Die LPO verstaan die noodsaaklike rol van Meatco in die lewendehawe-waardeketting as dit by uitvoermarkte en ‘n inkomste vir Namibiese boere kom,” het hy gesê. Hy het bygevoeg die LPO dra trots daartoe by om Namibiese vleis as ‘n gesogte internasionale produk te vestig.
MINISTER REAGEER
Intussen het die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, ook sy ontevredenheid oor die “valse en kwaadwillige” bewerings uitgespreek, wat glo deur “kommersiële boere” aan die Ghana-owerhede oorgedra is.
Schlettwein het die afgelope Sondag in ‘n mediaverklaring gesê dit is nie aan die ministerie bekend wie dié boere is nie.
“Die ministerie is in gesprek met Ghana se owerhede om die aantygings te verifieer,” het Schlettwein gesê en bygevoeg hierdie gerugte is reeds verlede jaar onder hul aandag gebring tydens ‘n vergadering in Accra.
Dit is destyds reeds uitgeklaar dat dit vals en ongegrond is, het die minister gesê. “Ons kan bevestig dat Namibiese vleisuitvoere vanuit noordelike kommunale gebiede (NCA’s) nie bek-en-klouseer dra nie en geen risiko inhou vir markte nie – ook nie Ghana s’n nie,” het hy benadruk en gesê die ministerie keur hierdie gerugte af wat deur enige aanhitsers, individue, groepe of organisasies versprei word.
Hy sê Namibiese beesvleisuitvoere word gerugsteun deur wêreldklas veeartseny-, fitosanitêre- en voedselveiligheidstandaarde.
Schlettwein het ‘n ernstige waarskuwing gerig aan “elemente wat verdeeldheid saai” om in hul spore te trap en gesê dit moet gesien word vir wat dit is: “’n Valse en desperate poging deur ontevrede entiteite wat vasberade is om marktoegang vir produkte vanuit die noordelike kommunale gebiede te onderbreek.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie