GMO-oorlog vat opnuut vlam
Agra: ‘Dis standaardpraktyk’
Namibië is noodgedwonge afhanklik van GMO-produkte, waarsonder voedseltekorte sal voorkom, volgens plaaslike invoerders.
Die Namibië Organiese Vereniging (Noa) het vroeër vandeesweek in ‘n brief aan Namibië se bioveiligheidsraad kapsie gemaak teen ‘n aansoek deur Agra om GMO-produkte vir voedsel en veevoerdoeleindes in te voer.
In die brief aan die bioveiligheidsraad, wat binne die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) geleë is, skop Noa vas teen die gebruik van geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) in Namibiese landbou - in enige vorm.
Agra se senior bemarkingsbestuurder, Chrislemien Ströh, het intussen gereageer deur te sê so ‘n aansoek is standaardpraktyk ingevolge die Bioveiligheidswet van 2006.
“Ons voldoen net aan die wetgewing vir die invoer en hantering van die produkte. Die aansoek is vir produkte wat reeds vir baie jare op plaaslike rakke beskikbaar is. Dit is niks nuuts nie. Ons voer geensins GMO-sade in nie, dit is onwettig,” het sy gesê.
NIE VIR PRODUKSIE
Agra het vroeg in Maart ‘n aansoek vir die invoer van GMO-sojabone, -koring, -mielies, -katoen en -rys vir voedsel en veevoerdoeleindes by NCRST ingedien.
In die brief sê Noa se voorsitter, Eckhart Förtsch, die vereniging erken dat die aansoek slegs vir voedsel en voerdoeleindes is en nie vir gewasproduksie nie. Noa verstaan ook dat dit nodig is, aangesien daar tans nie genoeg van die produkte binnelands beskikbaar is nie.
Förtsch voer egter aan ander moontlikhede vir die invoer van nie-GMO-voedsel en -voer moet eers verken word vóór GMO-produkte gekies word.
“Die langtermyngevolge vir die gesondheid van ons gemeenskap en die breër ekonomie word nie in gedagte gehou wanneer ons kies om ‘n goedkoper GMO-produk op die kommoditeitsmark te koop nie,” meen Förtsch.
Noa het in sy brief beswaar gemaak teen die feit dat die nood-omgewingsplan in Agra se aansoek nie stappe voorstel in die geval dat die ingevoerde GMO-sade per ongeluk ontkiem nie. Noa meen die kans bestaan wel dat onverwerkte sade ook per ongeluk ingevoer kan word en dan kan ontkiem. Daar word dus aangedring dat ‘n noodplan hiervoor opgetrek moet word.
Ströh het beklemtoon dat daar nie ‘n risiko op ontkieming bestaan nie omdat die produk vir veevoer geprosseseer is.
AANBEVELINGS
Noa maak verdere aanbevelings met betrekking tot die invoer en verspreiding van GMO-voedsel en -voere. Dit sluit in dat alle GMO-produkte behoorlik gemerk moet word en dat etikette die persentasie van GMO’s in die produk moet aandui. Dit moet ook spesifiseer watter tipe GMO’s in die produk gevind word.
Förtsch voeg by dat die invoerders van GMO-gewasse ‘n meer aktiewe rol behoort te speel in die binnelandse produksie van nie-GMO-gewasse.
Ströh sê Noa se bewerings dat sommige van die produkte in die aansoek nie geregistreer is nie, is foutief. Sy het dokumentasie getoon om te wys dat al hierdie produkte wel geregistreer is.
“Dit is nie feitelik korrek nie, alles ís geregistreer. Volgens wetgewing moet alle GMO-produksie in sy land van oorsprong geregistreer wees. Suid-Afrika mag sommige bestanddele in hul dierevoer dalk van elders invoer, maar dan is daardie produk in die land van oorsprong geregistreer en nie noodwendig in Suid-Afrika nie.
“Ons kan nie kan nie antwoorde gee oor hoe die registrasie hiervan in Suid-Afrika werk nie, ons werk volgens plaaslike wetgewing,” het sy bygevoeg. Agra sê ook hulle beoog om die katoenproduk Mon 1076 in te voer en nie Mon 1706 - waarna Noa verwys - nie.
BOKOMO
Republikein het in 2018 in ‘n soortgelyke artikel berig dat Bokomo een van die eerste plaaslike maatskappye was om ‘n aansoek vir die invoer van geneties gemodifiseerde mieliemeel en veevoer in te dien nadat regulasies hiervoor van krag geword het.
Destyds het Bokomo se hoofbedryfsbeampte, Gabriël Badenhorst, verduidelik produkte wat GMO’s bevat is baie jare reeds wettig op die Namibiese mark, maar dat dit voorts deur die nuwe regulasies gereguleer sal word.
Hy het bygevoeg dat Namibië noodgedwonge van GMO-produkte afhanklik is omdat nie-GMO-produkte wêreldwyd nie in voldoende hoeveelhede geproduseer word om in die vraag te voldoen nie. Hy het gesê daarsonder sal ernstige voedseltekorte voorkom.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie