Gord vas, verbruikers!
Oorlog: FAO maan oor voedselhandel, pryse
Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) maan lande om in die lig van die oorlog betyds ander voedselverskaffers te vind.
Met wêreldvoedselpryse wat in Februarie vanjaar die hoogste vlak bereik het sedert die tweede helfte van 2020 toe hoër aanvraag, duurder inset- en vervoerkoste en verskaffingsprobleme dit laat styg het, heers vrese dat die oorlog in die Oekraïne dit verder sal versnel.
Die direkteur-generaal van die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), QU Dongyu, waarsku in ‘n verslag wêreldvoedselsekerheid is vanweë die oorlog wat die afgelope drie weke woed nou nóg meer onder druk. Rusland het Oekraïne op 24 Februarie ingeval en geen skikking is nog in sig nie.
“Oor die afgelope twee jaar het Covid-19 baie uitdagings vir wêreldwye voedselsekerheid geskep. Nou voeg die gebeure tussen Rusland en die Oekraïne ‘n nuwe uitdaging by. Rusland en Oekraïne speel ’n beduidende rol in wêreldvoedselproduksie en –voorsiening,” sê hy.
“Rusland is die wêreld se grootste uitvoerder van koring en Oekraïne die vyfde grootste. Saam lewer hulle 19% van die wêreld se garsvoorraad, 14% van koring en 4% van mielies, wat meer as een derde van wêreldwye graanuitvoermark uitmaak.
“Hulle is ook die grootste verskaffers van raapsaad (vir groente-olie) en is verantwoordelik vir 52% van die wêreld se sonneblomolie-uitvoermark. Daarbenewens is Rusland die hoofprodusent van kunsmis,” sê Dongyu.
Hy wys in die verslag daarop die wêreldwye pryse van koring en gars het byvoorbeeld in die loop van 2021 met 31% gestyg. Raapsaadolie- en sonneblomoliepryse het meer as 60% gestyg, terwyl hoë vraag en wisselvallige aardgaspryse ook kunsmispryse laat styg.
Die prys van ureum, 'n sleutelstikstofkunsmis, het die afgelope 12 maande meer as drievoudig toegeneem.
“Die konflik se intensiteit en duur bly onseker. Die waarskynlike ontwrigtings van landbouaktiwiteite in dié twee groot uitvoerders van stapelkommoditeite, kan voedselonsekerheid wêreldwyd ernstig laat toeneem,” maan hy.
OES-ONTWRTINGS
Dit is onseker of boere in die Oekraïne in Junie wanneer graangewasse ryp is, sal kan oes en aan die markte lewer, sê die FAO.
Miljoene mense het reeds uit Oekraïne gevlug en dit verminder landbou-arbeiders en werkers. Dit kan ook te onveilig wees om op landerye te werk. Vee-, pluimvee- en vrugte- en groenteproduksie ly ook skade, maan dié VN-agentskap.
“Oekraïense hawens aan die Swart See het gesluit. Selfs al bly binnelandse vervoerinfrastruktuur ongeskonde, sou die verskeping van graan per spoor onmoontlik wees as gevolg van 'n gebrek aan ’n operasionele spoorwegstelsel.
“Skepe kan steeds deur die Turkse seestraat vaar, maar stygende versekeringspremies vir die Swart See-gebied maak verskeping langs daardie roete duur,” sê die FAO.
Hoewel die Russiese hawens aan die Swart See vir eers oop is en geen groot ontwrigting van landbouproduksie in die kort termyn verwag word nie, wys die verslag daarop finansiële sanksies teen Rusland verhoog landbouproduksiekoste.
Dit blyk lande soos Kanada en die VSA se koringvoorrade bereik reeds lae vlakke. Koring is die stapelgraan van 35% van die wêreld se bevolking.
Verder gaan duur brandstof en kunsmis die insetkoste van produsente elders in die wêreld ook aansienlik laat styg.
WAT OM TE DOEN
Die FAO sê lande wat afhanklik is van voedselinvoer uit Rusland en Oekraïne moet alternatiewe verskaffers soek om die skok te absorbeer.
Hulle moet ook staatmaak op bestaande kosvoorraad en hul binnelandse produksie diversifiseer om mense se toegang tot gesonde diëte te verseker.
Tweedens moet produksie en die bemarkingsaktiwiteite wat nodig is om te voldoen aan plaaslike en internasionale vraag, te alle koste beskerm word. So ook voorsieningskettings, die beskerming van gewasse en veestapels asook voedselverwerkingsinfrastruktuur en logistieke stelsels.
Lande moet derdens nuwe en meer diverse voedselverskaffers vind vanwaar die nodige voorrade ingevoer kan word, beveel die FAO aan.
“Voordat enige maatreëls ingestel word om voedselvoorsiening te verseker, moet regerings die potensiële uitwerking op internasionale markte oorweeg.
“Verlagings in invoertariewe of die gebruik van uitvoerbeperkings kan help om individuele lande se voedselsekuriteitsuitdagings op die kort termyn op te los, maar dit sal pryse op wêreldmarkte opjaag,” maan dié organisasie en sê daarom is markdeursigtigheid en gesprekvoering nodig sodat regering en beleggers ingeligte besluite kan neem. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie