Gratis medikasie vir boere in die Noorde

Beeste siek, verhonger
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het gratis dienste en medikasie aan boere in die Zambezistreek beskikbaar stel.
Rita Kakelo
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het 'n helpende hand uitgereik na boere in die Zambezistreek ná 'n reeks vrektes onder beeste. Volgens die minister se woordvoerder John Musheko sluit dit die aankoop van medikasie ter waarde van sowat N$2,8 miljoen in.

Die ministerie het 'n ondersoek van stapel gestuur ná die beesvrektes in 12 gebiede naamlik Mbalasinte, Ihaha, Isise, Ikaba, Limai, Musekese, Silubaba, Nanghombe, Ivilivinzi, Kalimbeza, Mpola en Liselo. Sedert Oktober verlede jaar het 585 beeste by 23 plase gevrek. Volgens die bevindinge van die ondersoek het 80% van die geraakte boere nie hul lewende hawe ontwurm of ingeënt nie wat die beeste kwesbaar vir algemene siektes en wurmbesmettings maak. Die standaardprys vir beesvoer is sowat N$500 of meer vir 'n 50 kilogram sak, terwyl entstowwe vir beeste wissel tussen N$600 tot N$900 of meer afhangend van die tipe. Baie van die boere sê hulle kan dit nie bekostig nie, daarom die ministerie se besluit volgens Musheko om dit gratis te verskaf.

Beamptes van die direktoraat van veeartsenydienste in die streek het reeds 89 152 uit 90 000 geteikende beeste in die oostelike gedeelte van die streek teen onder meer miltsiekte ingeënt. Entstowwe sluit onder meer minerale, vitamiene, ontwurming en sekere antibiotika in.

Boere en beeswagters het algemene kliniese simptome by die beeste opgemerk voordat hulle dood is en wat insluit dat die diere te swak was om te staan en ook erg ondergewig was. Volgens die ministerie se ondersoekspan stem dit ooreen met hul waarneming dat 80% van die beeste in 'n swak toestand was en meestal voorgekom het in gebiede waar daar nie voldoende weiding was nie. Nadoodse ondersoeke het ook die voorkoms van onder meer lewerslakke getoon. Volgens Musheko sal die ministerie voortgaan om die boere te help deur bewustheid te skep, opleiding te verskaf en te bemagtig om doeltreffend die gesondheid van hul kuddes te bestuur. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!