Groeipotensiaal vir plaaslike vrugteproduksie
4% van plaaslike vraag in Namibië geproduseer
Vrugteproduksie bly 'n onontginde boerdery-onderneming wat talle geleenthede vir baie Namibiërs kan bied, het Agribank gesê.
Ellanie Smit - Namibië se vrugteproduksiesektor maak sowat 4% van plaaslike produksie uit – ’n skamele 732 ton vergeleke met ’n geraamde 20 282 ton wat van ander lande ingevoer word om aan die plaaslike vraag te voldoen.
Dit volgens ’n studie wat deur die Namibiese Akkerbouraad (NAB) gedoen is.
Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai, het gesê die meeste vrugte wat in Namibië verbruik word – soos appels, pere en piesangs – word selde hier geproduseer.
“Lemoene en druiwe is van die vrugte wat die meeste van plaaslike produsente af kom.”
Hy het gesê vrugtekommoditeite wat Namibië hoofsaaklik uitgevoer het, bestaan uit sowat 28 483 ton druiwe en 81 ton mango’s.
“Bowendien is bloubessies in onlangse jare een van die gewilde vrugte wat na die Europese mark uitgevoer word.”
GELEENTHEDE
Die verbouing van vrugte bly ’n onontginde boerdery-onderneming wat talle geleenthede vir baie Namibiërs kan bied, het Saisai gesê.
Hy het gesê die vestiging van ’n kwekery wat spesialiseer in die produksie van gesertifiseerde vrugtebome kan ’n goeie nismark vir appels, koejawels, piesangs, lemoene, mango’s en suurlemoene bied.
“As elke vrugteboom gemiddeld sowat N$40 kos vir ongeënte saailinge en sowat N$120 vir geënte saailinge, en ’n boer sou 200 ongeënte saailinge produseer, kan ’n inkomste van sowat N$8 000 per jaar gegenereer word.”
Hy het gesê as ’n boer 200 geënte saailinge oor ’n tydperk van een jaar produseer en dit vir N$120 per saailing verkoop, kan ’n inkomste van N$24 000 gegenereer word.
Volgens Saisai is nog ’n potensiële geleentheid die kweek van vrugtebome op ’n kommersiële basis om vrugtebome van hoë gehalte aan plaaslike markte te bied.
SCENARIO’S
Daar is verskeie sakescenario’s vir ’n boer wat met die produksie van vrugte soos lemoene, koejawels en suurlemoene begin, het hy gesê.
Sou ’n boer een hektaar voorberei en lemoenbome plant om vars lemoene van hoë gehalte te produseer wat aan formele markte verkoop sal word, kan 667 bome geplant word as die boer aanbevole spasiëring van vyf meter tussen rye en drie meter binne rye implementeer, het Saisai verduidelik.
“Die bome sal sowat drie jaar neem voordat hulle vrugte begin lewer, met elke lemoenboom wat sowat ses ton per hektaar produseer. Sodra die bome piekproduksie bereik, wat rondom agt tot 15 jaar neem, sal die opbrengs na raming tot 20 ton per hektaar toeneem.”
Hy het gesê met gemiddelde plaashekpryse van N$25 per kilogram kan ’n boer ’n jaarlikse inkomste van sowat N$500 000 uit die verkoopsopbrengs van lemoene genereer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie