Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming.
Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming.

Groenskemas hou groot potensiaal in

Samewerking kan land selfvoorsienend maak
Die landbouminister het vandeesweek sy mond uitgespoel oor die "gebrekkige bestuur" van bees-abattoirs, terwyl hy opgewonde was oor die vooruitsigte van groenskemas.
Elvira Hattingh
“Ons glo dat, met die samewerking van die private sektor in die groenskemas, het ons die vermoë om binne drie jaar selfvoorsienend te raak – ten minste wat basiese grane betref.”

Só het Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming Woensdag tydens Bank Windhoek se aanlyn reeks vir landboupraatjies gesê, waarvan die tema “beleide as ʼn noodsaaklike gereedskap om nuwe beleggings in landbou te lok en hoe groenwaterstofinisiatiewe ’n groen-landbou-ekonomie ondersteun”.

Oor die beesbedryf het Schlettwein tydens die geleentheid beklemtoon die regering “stem saam met diegene wat druk vir ʼn beter balans tussen speenkalf- en beesvleisuitvoere”.

Hy het gesê die situasie by alle geregistreerde abattoirs is desperaat omdat geeneen ʼn sterk genoeg deurset het om dit lewensvatbaar te maak nie.

“Die instansies wat geskep is om produsente te help, het ʼn las vir hulle geraak. As gevolg van gebrekkige bestuur word daar druk op pryse geplaas en ondersteunende dienste aan produsente verminder,” het hy bygevoeg.

GROENSKEMAS

Schlettwein sê deur die samewerking met die private sektor, kan die groenskemas, insluitende ʼn suiwel-entiteit in “baie lonende entiteite” omskep word.

“Ons het bewyse daarvan - die B2Gold-plaas naby Otjiwarongo het 14 ton witmielies per ha geoes. Ons groenskemas het in goeie jare gemiddeld 7 ton per ha geoes,” het hy gesê.

“Die Mashare-groenskema het bewys dat ʼn mengsel van gewasse met ʼn hoë opbrengs, soos bloubessies, mielies en koring, inkomste kan verdubbel en selfs verdriedubbel.

“Die verwagting is dat private belegging in die groenskemas na verwagting die produksie van graan en aartappels as ʼn stapelvoedsel sal bevorder sodat die land selfvoorsienend kan raak, terwyl dit beleggers sal toelaat om te diversifiseer na hoëwaarde-tuinbou-, gewas- en vrugteproduksie.”

Hy het bygevoeg dat daar ’n beleidsverskuiwing is na intensiewe akkerbou op die groenskemas, wat tot dusver as “staatsplase” bestuur is.

“Hierdie bestuursmodel het misluk en ons moet die groenskemas laat herleef deur die private sektor, verkieslik Namibiese beleggers, te nooi om hierdie “plase” op kommersiële wyse te bestuur.

Hy sê die plan is om eindelik 27 000 ha grond rondom standhoudende riviere en ander strategiese plekke onder besproeiing te plaas.

LEWENDE HAWE

Schlettwein sê na sy mening is die nasionale produksievlakke van lewende hawe ver onder sy potensiaal.

“Ons spog daaroor dat ons die enigste Afrikaland is met toegang tot die wêreld se bes betalende markte . . . tog is ons vermoë om te lewer, pateties laag en het dit van 10 000 ton na net 5 000 ton gedaal,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat Namibië verander het na ʼn produseerder van ru-materiaal en ʼn invoerder van verwerkte vleisprodukte, wat beteken die land mis die geleentheid op beduidende ekonomiese voordele binne die winsgewende markte.

“Daarom stem ons saam met diegene wat werk vir ʼn beter balans tussen speenkalf- en beesvleisuitvoere.

“Waar moontlik, moet ons beeste produseer wat slaggereed is. Waar dit nie moontlik is nie, is speenkalfuitvoere die antwoord,” het hy gesê.

Hy sê die situasie by alle geregistreerde abattoirs is benard – geeneen het ʼn sterk genoeg deurset om dit lewensvatbaar te maak nie.

“Die instansies wat geskep is om produsente te help, het ʼn las vir hulle geraak. As gevolg van gebrekkige bestuur word daar druk op pryse geplaas en ondersteunende dienste aan produsente verminder.

“Ons het ondernemings nodig wat produsente waarlik ondersteun, beide deur middel van ondersteuningsdienste en beter pryse vir beheerde produkte,” het hy bygevoeg.

GROENWATERSTOFPROJEKTE

Schlettwein sê die beplande ontwikkeling van ’n groenwaterstofbedryf, sal ook voordele vir landbou inhou omdat byprodukte soos ammoniak en water, die deure vir plaaslike kunsmisproduksie open.

Oor die groenskemas het hy gesê daar word sterk op openbare-private-vennootskappe (PPP’s) staatgemaak.

“Ons is op die plek waar die openbare sektor min fiskale ruimte het om grootskaalse beleggings te maak. Die herstel van die ekonomie is afhanklik van private beleggings – plaaslik en internasionaal – asook ons vermoë om sulke beleggings binne ʼn baie mededingende omgewing te lok.

“Beleggingsvoorstelle, wat bankbaar en van ʼn goeie gehalte is, word verwag, met voorkeur aan Namibiese maatskappye of die waar Namibiërs die meerderheidsaandele besit. . .” het hy bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!