Grootfontein skou skop glorieryk af

#RepAgriNuus
Elvira Hattingh
Grootfontein se skou is vanjaar die tuiste van die Namibiese saalperd-kampioenskappe, terwyl die kleinvee-skou-afdeling sterk teruggekeer het met 14 boere wat 160 diere ingeskryf het. Ses beesrasse skou ook, terwyl die hondeskou op die eerste dag vir ‘n groot hoogtepunt gesorg het.

Die plattelandse skou is gisteraand amptelik deur die dorp se burgemeester, me. Thalita Garises, geopen, met die skoupresident Nita Pretorius wat die verwelkoming en bedankigs hanteer het.

Op vandag se program is daar ‘n kostuumklas vir die bees-afdeling – ‘n nuwe tradisie waar telers hulself, hul touleiers en beeste prettig optof en ‘n paar pryse kan verower. Die Dexters, Limousins en Brahmane skou vandag, met interrasbeoordelings en die skouparade wat môre, Vrydag 15 September sal plaasvind.

Vandag om 19:00 word ‘n veiligheidspraatjie deur die dorp se buurtwag aangebied, gevolg deur ‘n optrede deur George Jesaya van Tsumeb, terwyl die plaaslike sangers Joharetha en Len Nel skougangers Vrydagaand sal vermaak.

‘n Skou-optog vind ook Vrydag om 16:00 deur die dorp plaas.

Vrydag vind die nasionale saalperdkampioenskappe vanaf 15:15 plaas. Die skou duur voort tot Vrydagaand, 15 September.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!