‘Help ons om Meatco te help’
Produsente rig pleidooi aan regering
Produsente sê hulle wil hande met die regering vat sodat bevoegde bestuur vir Meatco aangestel kan word.
Beesprodusente en Meatco-lede rig ’n “desperate pleidooi” aan die regering om in te tree sodat Meatco ’n kundige uitvoerende bestuur moet aanstel om dié sukkelende staatsonderneming te red – mét produsente se insette.
Dit kom terwyl die fabriek produsente vir langer as 80 dae tussen N$300 miljoen en N$350 miljoen skuld, terwyl hulle ook oor dokumentasie beskik wat wys dat “lyste en lyste vraghouers” op wêreldhawens teruggehou word, hoofsaaklik omdat Meatco se papierwerk glo nie in orde is nie.
“Ons is besig om ons Natures Reserve-handelsmerk, soos ons vleis oorsee bemark word, ernstige skade te berokken, het Rian van Wyk, een van Meatco se topvyf-produsente uit Otjiwarongo, aan Republikein gesê.
Hy is deur altesaam sowat 250 beesprodusente – ook uit kommunale gebiede – afgevaardig om die media te nader en ’n pleidooi aan die regering te rig om in te gryp.
HELP
“Ons reik ons hand uit en die regering moet dit asseblief neem. Ons het geen politieke of verskuilde agendas nie, ons is ’n verskeidenheid van Namibiese produsente wat die land wil vorentoe vat.
“Ons wil nie vir Meatco kaap nie – ons aanvaar dit behoort aan die staat, maar ons is desperaat verby en moedeloos gewag vir ons geld. Die staat moet verstaan, ons het die beeste wat die fabriek moet oophou en ons is op ons knieë.”
Die produsente dring aan dat die betrokke owerhede, met produsente se insette, ’n nuwe, kundige uitvoerende bestuur aanstel in die onderneming se fabriek, bemarkings-, en finansiële afdeling, asook ’n nuwe uitvoerende hoof. Die individue moet belange hê in die vleisbedryf en dit verstaan.
Van Wyk sê daar is onder Meatco se produsente verskeie politici, afgetrede en uiters suksesvolle sakemanne, ingenieurs en kundiges, wat Meatco sal kan help en graag insette sal wil lewer, sonder dat politiek dit in die wiele ry.
STILBLY NIE
Van Wyk sê produsente doen ’n beroep om met die betrokke ministers te praat wat besef die land kan nie bekostig dat Meatco toemaak nie.
“Ons verwag dat Meatco doeltreffend bestuur moet word sodat ons die maksimum opbrengs uit die buiteland kan kry, want ons het ’n uitvoerproduk. Ons kan nie 60 tot 80 dae wag om betaal te word – sonder rente – nie.
“As Meatco-produsente kan ons nie langer stilbly nie. Ons kan nie langer aanhou toekyk hoe enkele onbevoegde individue die hele beesvleisbedryf in die grond in bestuur nie,” het Van Wyk gesê.
“Hoekom moet die belastingbetaler aanhou om ’n besigheid uit te help waar die bestuur die enigste rede is waarom dit nie winsgewend is nie?” het hy gesê en verwys na ander private ondernemings wat reeds ’n lonende bestaan in die bedryf maak.
Produsente sê die verkrygingspan by Meatco doen hulle bes om uitstekende diens te lewer. Die uitvoerende bestuur van spesifiek die bemarkings- en finansiële afdelings vorm egter glo die kern van die probleem.
“Hierdie is ’n hulpkreep aan die regering. Dit help nie julle stel direksies en uitvoerende hoofde aan sonder ons insette nie. Ons het kundige mense nodig en ons wil hande vat en saamwerk,” het Van Wyk gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie