Sheep
Sheep

Heropening van abattoir raak skaap-slagsyfers

9,43% hoër as die vyfjaargemiddeld
Die verwagte droë seisoenale toestande sal ook 'n deurslaggewende rol speel in die komende maande, en kan enige potensiële stygings in pryse beperk.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit - Terwyl skaap-uitvoersyfers verlede maand afgeneem het, is die impak van die heropening van die Farmers Meat Market-abattoir op Mariental beduidend wanneer jaarlikse slagsyfers vergelyk word.

Volgens die Vleisraad van Namibië se jongste Market Watch-uitgawe het die uitvoer van lewende skape op ’n maand-tot-maand-basis met 28,17% gedaal van 51 127 in Augustus tot 36 739 in September.

Dit is 103,9% (18 020) meer as wat in dieselfde tydperk verlede jaar uitgevoer is en 58% meer as wat uitgevoer is gedurende die 2019-droogtetydperk.

Die Vleisraad het gesê skape wat in die huidige boekjaar tot dusver in 2023 bemark is, is 9,43% hoër as die vyfjaargemiddeld, wat die impak van droogte-gedrewe bemarking toon.

Net so het slagsyfers by uitvoerabattoirs met 11,35% op ’n maand-tot-maand-basis afgeneem.

Skape wat by uitvoerabattoirs geslag word, is egter aansienlik hoër op 123,3%, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar – hoofsaaklik weens die heropening van die Farmers Meat Market, lui dit.

Altesaam 99,46% van lewende skape is gedurende September na Suid-Afrika uitgevoer en die oorblywendes is verdeel tussen Botswana (0,51%) en Zimbabwe (0,03%).

SKAAPPRYSE

Intussen het skape wat na abattoirs in Suid-Afrika uitgevoer is, op ’n maand-tot-maand-basis met 22% verminder, met toenames wat aangeteken is in uitvoere na voerkrale (10%) en vir boerdery- en teeldoeleindes (16%).

Namibië het gedurende September 29 837 kilogram skaapkarkasse na Suid-Afrika en Botswana as toplande uitgevoer, terwyl 16 139 skaapderms uit China en Suid-Afrika ingevoer is.

Die Vleisraad het gesê Australiese skaappryse het ’n skerp daling ervaar vanaf die Februarie-hoogtepunt van N$84,40/kg tot die September-laagtepunt van N$35,09/kg.

“Hierdie afname word beïnvloed deur die toename in die aanbod van lammers en sal na verwagting vir die volgende paar maande voortduur. Die verwagte droë seisoenale toestande sal ook ’n deurslaggewende rol speel in die komende maande, en kan enige potensiële stygings in pryse beperk.”

Suid-Afrikaanse A2-produsentepryse het gedurende Septembermaand ’n effense styging van N$0,80/kg tot N$82/kg ervaar.

BOKKE

Aan die ander kant het lewende uitvoere van bokke met ’n beskeie 3,49% op ’n maand-tot-maand-grondslag toegeneem van die 13 484 koppe wat in Augustus uitgevoer is tot 13 955 wat in September uitgevoer is.

Vanjaar se uitvoere is 13,29% hoër as ’n jaar gelede in dieselfde tydperk.

Altesaam 97,87% van bokke is hoofsaaklik na voerkrale in Suid-Afrika uitgevoer en die oorblywendes na Botswana (0,68%) en Zimbabwe (1,34%).

Namibië het vanjaar tot dusver 5 455 ton vanaf Amerika ingevoer as die top-invoerland, en 20 518 ton na Australië as die top-uitvoerland uitgevoer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!