Herstrukturering van Rooilyn onder loep
Die veeartsenykordonheining (VFC), ook bekend as die Rooilyn, moet geherstruktureer word om boere in staat te stel om diere en vleisprodukte na markte suid van die Rooilyn te vervoer wanneer daar geen uitbrekings van bek-en-klouseer (FMD) is nie.
Dit volgens die parlementêre staande komitee oor ekonomie en openbare administrasie.
Wanneer die Nasionale Vergadering (NV) die voorstelle van ’n staande komitee met of sonder wysigings aanvaar, moet die entiteit of minister van landbou, visserye, water en grondhervorming binne ’n tydperk van drie maande hieraan voldoen.
Die eerste van die bevindinge was dat die VCF ontwerp is om ’n minderheidsgroep tot nadeel van ander te bevoordeel.
Die komitee het die gevolge en beperkings van die Rooilyn op boere in die noordelike en noordoostelike dele van die land ondersoek.
Laasgenoemde het gevolg ná ’n klagskrif deur die Lisha Empowerment and Development-organisasie wat ’n beroep doen op die herlewing van markte vir lewende hawe vir noordelike kommunale boere.
“Tans plaas verpligte kwarantynprosedures en die gebrek aan voldoende kwarantyngeriewe ’n onnodige las op boere, wat hul toegang tot markte beperk en hul lewensbestaan beïnvloed.
“In tye wanneer daar geen uitbreking is nie, moet beeste toegelaat word om vrylik rond te beweeg mits basiese sertifikate of onlangse ondersoeke deur ’n veearts verkry word.
“Dit moet gepaard gaan met ’n robuuste opsporingstelsel en tydelike kontrolepunte vir gesondheid langs sleutelroetes om te monitor vir enige tekens van bek-en-klouseer soos suid van die kordonheining gedoen word,” stel die komitee voor.
Die komitee het in hul verslag, ná besoeke aan die geraakte streke, ’n beroep op die regering gedoen om met hul Zambiese eweknieë te onderhandel om sy grense oop te stel vir die handel in beeste met Namibiese boere in daardie streek.
Die komitee lig ook in sy bevindinge uit dat daar meer as 2,5 miljoen beeste noord van die Rooilyn is, terwyl daar in die suidelike dele van die kordonheining 1,3 miljoen beeste is.
Die voorstel is dat ’n fisiese grensbeweging gevestig word, aangesien die uitvoer van beeste uit die gebiede bo die Rooilyn beperk word.
’n Alternatief sou wees om noordelike kommunale gebiede in siektevrye dele te soneer. Volgens die komitee het die regering onlangs marktoegang tot Katar, Angola, die Demokratiese Republiek die Kongo asook Ghana verseker.
Swak en wanbestuur, onvoldoende instandhouding van belangrike staatseiendom en infrastruktuur soos kwarantynplase, kampe en geriewe, veilingshuise en abattoirs, wek ernstige kommer by die komitee.
“Ander swakpunte en uitdagings sluit in lae winsgewendheid weens die gebrek aan toegang tot winsgewende markte vir vee,” lui die verslag.
Veeartsenydiensbeamptes het ook kommer uitgespreek oor die poreuse grens tussen Namibië en Angola wat ’n risiko vir vee inhou, aangesien beeste met ander diere meng wat nie ingeënt is nie.
Volgens die komitee sal die kanaal wat tussen die twee lande gebou gaan word, help om die beweging van vee te beheer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie