'n Groep kommunale veewagters van Okashana het Donderdag ’n vreedsame optog in Omuthiya gehou. Foto Kenya Kambowe
'n Groep kommunale veewagters van Okashana het Donderdag ’n vreedsame optog in Omuthiya gehou. Foto Kenya Kambowe

Hoëlui baken glo weidingsgebiede af

'Prominente figure' betrokke
Die Okashana-gemeenskap wil die beweerde onwettige heinings rondom veeposte verwyder.
Kenya Kambowe
’n Groep van meer as 100 kommunale veewagters het Donderdag ’n ultimatum aan die Oshikoto-goewerneur, Penda Ya Ndakolo, en die polisie gestel: Hulle moet diegene hanteer wat na bewering hul grond beset en weidingsgebiede afgebaken het, of die veewagters sal die saak in hul eie hande neem.

Die grond ter sprake is by Okashana Kuukongo waNehale, ’n weidingsgebied naby die Etosha Nasionale Park in die Oshikotostreek waar verskeie prominente senior leiers van die Ondonga Tradisionele Owerheid, politici, prokureurs en sakelui glo gebiede afgebaken het wat voorheen as weiding deur kommunale boere in die omgewing gebruik is.

Die groep beweer dat dit onsensitief is om mense toe te laat om kommunale gebiede, veral weivelde, af te baken, gegewe die voortslepende droogte.

Veewagters en boere het Donderdag ’n vreedsame optog gehou en ’n klagskrif aan die streekraad oorhandig. Hulle sê die goewerneur, aan wie die klagskrif gerig is, is nie met ’n oog gesien nie.

Die groep sê as hulle teen 13 September geen reaksie ontvang nie, sal hulle die reg in eie hande neem.

“As niemand bereid is om na ons te luister nie, sal ons geen ander keuse hê as om die onwettige heinings rondom ons veeposte te verwyder nie,” het Selma Shipepo namens die groep gesê.



‘BESETTING’

Gemeenskapslede het hul teleurstelling teenoor die polisie en die Ondonga Tradisionele Owerheid uitgespreek.

“Die afbakening van Okashana-weivelde is gedoen sonder behoorlike konsultasie met die bestuur van die King Nehale-bewaringsgebied, die raad vir kommunale grond, asook geraakte veewagters en die hoofmanne van die nedersettings wat die afgebakende gebied omring,” het Shipepo gesê.

“Hulle het almal hul teleurstelling van so ’n besetting te kenne gegee.”

Die groep beweer hulle het ’n vergadering op 18 Februarie 2023 gehou en met die oplossing vorendag gekom dat die polisie die kwessie moet takel, maar hul versoek het glo op dowe ore geval.

“Ten spyte van alle pogings, het die grondbesetting tot nou toe voortgegaan. Ons boorgate, putte en sokkervelde by Omutsegombahe en Okwema is heeltemal afgebaken,” het Shihepa gesê.

“Ons vee is van hul weiding ontneem en dus is hulle beperk tot die korridors tussen onwetting heinings.

“Vandag loop ons diere lang afstande weens die feit dat voetpaadjies toegemaak is. Dit is hoekom van hulle saans deur motors gestamp word,” sê Shihepo.

Die groep se klagskrif is deur ’n beheer-administrateur van die Oshikoto-streekraad, Nico Aipummbu, in ontvangs geneem, wat gesê het hy sal verseker dat dit die betrokke kantore bereik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 589.10/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.71/BBP UP +2.35% | Platinum US$ 984.85/OZ UP +1.78% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 589.10/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.71/BBP UP +2.35% | Platinum US$ 984.85/OZ UP +1.78%