Hoenderboere hoopvol oor nuwe wetgewing
Eierboere erg geknou ná stortings
Pluimveeprodusente hoop dat nuwe wetgewing binne die volgende ses maande deurgevoer kan word, wat onder meer beter beskerming vir die lêhoenderbedryf sal beteken.
Plaaslike pluimveeboere hoop dat nuwe wetgewing binne die volgende ses maande deurgevoer kan word, waarvolgens hoender-, hoenderprodukte en suiwelprodukte voorts onder die Vleisraad sal val.
Die hoop is dat dit ook beter beskerming vir die lêhoenderbedryf sal bied.
Louis Kleynhans, voorsitter van die Namibië Pluimveeprodusentevereniging, asook algemene bestuurder van Namibia Poultry Industry (NPI), het aan Republikein gesê hulle het onlangs ’n aanduiding van die ministerie van landbou, water en grondhervorming ontvang dat die konsepwet gefinaliseer is.
“Voorts sal dit nou na die wetskrywers toe gaan en daarna by die kabinet vir goedkeuring ingedien word. Ons weet nie hoe lank die proses sal duur nie, maar ons hoop dat dit binne die volgende ses maande afgehandel kan word,” het Kleynhans gesê.
EIERBOERDERYE
Kleynhans vertel die plaaslike lêhoenderbedryf het, anders as met braaikuikens, nie ’n stelsel wat beskerming teen invoere bied nie.
“Ons eierprodusente kan in werklikheid in al die behoeftes van ons plaaslike mark voorsien, hulle het die nodige kapasiteit. Tog het die bedryf verlede jaar swaar gekry omdat soveel goedkoop eiers vanaf Zambië ingevoer is en goedkoop in Namibië verkoop is – selfs goedkoper as wat dit in Zambië verkoop is.
“Na my mening was dit storting. Dit het plaaslike eierprodusente erg geknou – soveel so dat werkers afgelê en produksie gesny moes word.”
Kleynhans sê lêhoenderboere se grootste insetkoste is ook voer, soos dit die geval in die braaikuikenbedryf is, wat dit moeilik maak om mededingend te bly as goedkoper produkte plaaslik gestort word.
BRAAIKUIKENS
Kleynhans is van mening dat daar groot geleenthede vir groei in die plaaslike braaikuikenbedryf bestaan, met verskeie rolspelers wat tans besig is om hul produksiekapasiteit te verbeter.
Dit kom terwyl die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) voorspel dat pluimveevleis na verwagting teen 2031 meer as die helfte van die wêreldwye vleismark sal uitmaak, met ’n sterk vraag in hoë-inkomstelande wat dit as “gesonder vleis” beskou, terwyl die bekostigbaarheid daarvan die vraag in middel- en lae-inkomstelande sal dryf.
Boonop is die Namibiese pluimveebedryf nou die landbou se tweede grootste sektor – naas die beessektor – al is die bedryf nog net 11 jaar oud.
Kleynhans meen die Namibiese pluimveebedryf moet egter eers groot uitdagings soos die smokkel van goedkoop produkte en beter grensbeheer die hoof bied, terwyl hoë voerkoste ’n beduidende kwessie vir produksie is.
NPI, by verre die grootste aandeelhouer in die plaaslike mark, wil ook graag help dat meer hoenderboerderye in die land gevestig word.
Kleynhans sê NPI produseer sowat 2 500 ton hoender per maand. Terselfdertyd produseer die plaaslike klein- tot mediumgrootte (SME)-mark 120 tot 200 ton hoender per maand, of sowat 10% van dit wat NPI produseer.
Kleynhans sê die probleem vir plaaslike hoenderprodusente blyk nie ’n afset of mark vir hul produkte te wees nie, maar eerder behoorlike geriewe vir verslagting. NPI het ook reeds ’n mobiele verslagtingseenheid vir SME’s hiervoor beskikbaar gestel.
Hy sê ander ondernemings, soos Voermeester, bied ook ’n belangrike diens aan SME’s in terme van die verspreiding van dagoud-kuikens, terwyl hulle ook opleiding bied – tesame met die Pluimveevereniging.
KWOTASTELSEL
Kleynhans sê die bedryf geniet sterk ondersteuning van die owerhede. ’n Kwotastelsel is ook ingestel om plaaslike produksie te beskerm. Hiervolgens kan ’n maksimum van tot 1 500 ton hoenderprodukte per maand ingevoer word. Die invoerkwota word gereguleer volgens wat plaaslik beskikbaar is.
Onwettige invoere belemmer egter die stelsel en bedreig die voortbestaan van die plaaslike pluimveebedryf.
“Oorsese markte, soos Brasilië, ontvang landbou- en voersubsidies, asook ’n hoër premie vir borsvleis. Dit stel hulle in staat om die sogenaamde ‘bruin vleis’, of res van die hoender, vir spotgoedkoop te verkoop.
“Ons kan nooit met daardie pryse meeding nie, ons insetkoste is net te hoog. Ons ru-materiale, soos voer, se pryse is gekoppel aan die wisselkoers. Alles word ingevoer,” het hy verduidelik.
“Dit is nie dat ons onproduktief boer nie. Ons boer net so goed soos eerstewêreldlande, maar ons insetkoste is baie hoër en ons kry nie subsidies nie,” het Kleynhans gesê.
Hy sê voer maak nou 82% van ’n braaihoenderboer se insetkoste uit, waar dit voorheen 68% was.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie