Hollard skenk vir sprinkane
Hollard het chemikalieë vir die bestryding van sprinkane ter waarde van N$120 000 aan boere in nood geskenk.
Die organisasie sê hy besef in watter nood die boere verkeer.
“Hollard het dus besluit om die drie geraakte streke, wat in die suide van Namibië geleë is, te ondersteun deur chemikalieë ter waarde van N$120 000 aan te koop en aan die drie streekverteenwoordigers van die Namibië Landbou-unie (NLU) te gee. Hulle sal met die verskeie boereverenigings in die gebied in kontak tree om vas te stel waar die behoefte die grootste is. Sodoende sal dit regverdig onder boere in nood versprei word.
Hollard Keetmanshoop se Sorita Jenkins, (foto) het die chemikalieë by die Noordoewer-grenspos opgetel, nadat dit van Suid-Afrika af gekom het.
Suideboere kan hul streekverteenwoordigers vir meer inligting kontak.
Dit is Johan van Rooyen (Keetmanshoop, Bethanie, Aus, Helmeringhausen en Karasberge, Koës) by 081 211 1400, of Kobus van der Merwe (Grünau, Karasburg, Warmbad en Ariamsvlei) by 081 344 9955 of Jaco Van Wyk (Mariental, Maltahöhe, Stampriet, Aranos, Kalkrand en Gochas) by 081 692 6164.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie