Meatco se huidige uitvoerende hoof, Mwilima
Mushokabanji. FOTO ARGIEF
Meatco se huidige uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji. FOTO ARGIEF

Hoof van Meatco se kontrak nie hernu

Verstryk Januarie 2025
Ten spyte van die delging van sy skuld aan die Ontwikkelingsbank van Namibië gaan die maatskappy steeds gebuk onder geweldige finansiële druk.
Ellanie Smit
Ellanie Smit - Meatco se raad het besluit om nie sy uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, se kontrak te verleng wanneer dit einde Januarie aanstaande jaar verstryk nie.

Die voorsitter van die raad, Sakaria Nghikembua, het die besluit bevestig en gesê die raad het gevolglik op 19 Julie kennis aan Mushokabanji gegee.

“Die pos sal mettertyd geadverteer word en enige gekwalifiseerde kandidaat kan aansoek doen. Dit sluit Mushokabanji in,” het hy gesê.

Mushokabanji het op sy beurt gesê hy kan nie op enige navrae reageer nie en het vrae na die voorsitter van die raad verwys

Hy is sedert 2020 aan die stuur van sake by Meatco, met sy kontrak wat in 2025 tot ’n einde loop.

Dit was ’n reusevuurdoop vir dié hoogs aangeskrewe bestuurder wat vroeër die Covid-19-pandemie, droogte en ou skuld as uitdagings tydens sy ampstermyn beskryf het.

Hy was voorheen die uitvoerende direkteur van die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU).

Teen die einde van verlede jaar was daar “hewige druk om Mushokabanji te skors weens ’n magdom uitdagings by die maatskappy”.

Dit het gekom te midde van bewerings dat sy teenkanting van die privatisering van Meatco en sy beweerde standpunt teen die Rooilyn hom vyande in die konserwatiewe beesbedryf besorg het.

Meatco het onder sy leiding sy skuld drasties verminder, insluitend die skuld van N$437,3 miljoen aan die Ontwikkelingsbank van Namibië wat afbetaal is. Ten spyte hiervan bly die maatskappy onder geweldige finansiële druk.

VERGADERING

Intussen het ’n vergadering op 24 Julie tussen die Lewendehawe-produsenteorganisasie (LPO), Meatco en rolspelers in die voerkraalbedryf plaasgevind om die onlangse prysverlagings en drastiese penalisering op grond van gewig, vetheid en bouvorm van beeste by Meatco te bespreek.

Die LPO se voorsitter, Jako van Wyk, sê in ’n verklaring die doel van die vergadering was om konstruktiewe voorstelle aan Meatco se bestuur te maak, wat die maatskappy in staat stel om ingeligte besluite te neem om voldoende deurset vir die res van die huidige finansiële jaar te verseker.

Van Wyk sê die sleutelbeginsel wat moet geld is dat enige gewysigde pryse wat aan produsente deurgegee word, gebaseer moet wees op werklike markvereistes en -veranderings.

Hy sê dit is van die staanspoor af duidelik gemaak dat deursigtigheid noodsaaklik is om vertroue te bou.

“Meatco se onverwagse prysverlagings het die bedryf onkant gevang en was die verkeerde boodskap wat uitgestuur is,” het hy gesê.

Van Wyk sê produsente moet op hoogte gehou word wanneer daar ’n daling in pryse is en wanneer dit gaan plaasvind.

Meatco moet ’n mededingende prys handhaaf om algehele stabiliteit in die mark te verseker en moet ook buigbaar wees in ’n vinnig veranderende omgewing, volgens hom.

“Die beginsel is beklemtoon dat goeie pryse voldoende slagdiere sal lok om voortgesette deurset te lewer.”

Tydens die vergadering is daar ook indringend gekyk na die situasie van voerkrale en die belangrikheid vir hulle om ’n prys vooruit te ontvang sodat hulle die nodige beplanning kan doen en ten minste gelyk kan breek vir die res van die finansiële jaar.

“Voerkrale is van uiterste belang vir Meatco om voldoende deurset te ontvang wanneer die aanbod van beeste begin daal. Die belangrikheid van een prysstruktuur vir alle produsente is ook benadruk,” sê Van Wyk.

Verskeie voorstelle is volgens hom aan Meatco se bestuur gemaak, insluitend dat pryse vanaf November 2024 tot Januarie 2025 met N$3,15 verhoog word en pryse drie tot vier maande vooruit bekend gemaak moet word.

’n Voorstel is ook gemaak dat ’n glyskaal vir verskillende gewigsklasse, bouvorms en vetheidsgrade ondersoek moet word.

Meatco het onderneem om die voorstelle te oorweeg en om terugvoer te gee.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Hollywoodbets Sharks XV 24 vs 18 Vodacom Bulls | Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Hollywoodbets Sharks XV 24 vs 18 Vodacom Bulls | Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007