’n Duisend ton “groen” houtskool is sedert verlede jaar deur Africa Burns Charcoal na die VSA uitgevoer. Foto Verskaf
’n Duisend ton “groen” houtskool is sedert verlede jaar deur Africa Burns Charcoal na die VSA uitgevoer. Foto Verskaf

Houtskooluitvoere na VSA vat vlam

Ronelle Rademeyer
’n Duisend ton “groen” houtskool is sedert verlede jaar deur Africa Burns Charcoal vanuit Namibië na The Good Charcoal Company (TGCC) in die VSA uitgevoer.

Dié Namibiese maatskappy takel die bosindringingsprobleem in Namibië deur 'n omgewings- en ekonomies volhoubare oplossing deur houtskool te vervaardig wat aan die Forest Stewardship Council (FSC) se spesifikasies voldoen.

Sy voorsieningsketting bestaan uit honderde plaaslike kleinskaalse verskaffers vir wie houtskoolproduksie vanweë die Covid-19-pandemie en voortslepende verwoestende droogtes ’n ekonomiese reddingsboei geword het. Dit verskaf ’n inkomste aan meer as 10 000 mense in Namibië se houtskoolbedryf.

Volgens ’n verklaring deur die Amerikaanse ambassade in Windhoek kon Africa Burns Charcoal ná samesprekings in 2021 daarin slaag om ondersteuning van die Amerikaanse regering te ontvang.

Die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling se Suider-Afrikaanse Handels- en Beleggingsentrum (USAID TradeHub) het gehelp om die uitvoer van die maatskappy se houtskool na The Good Charcoal Company (TGCC) te verhoog.

“Tot op hede het die Amerikaanse ambassade en USAID TradeHub-ondersteuning die verkoop van meer as 1 000 metrieke ton Namibiese houtskool aan TGCC gefasiliteer, wat die produk nou gretig bemark om dit van sy rakke af tot by Amerikaanse braaiplekke te kry,” lui die verklaring.

Die USAID TradeHub het Africa Burns Charcoal aanvanklik gehelp om die noodsaaklike FSC-sertifisering in Junie 2021 te verwerf deur die koste te deel.

“Die verkryging van hierdie internasionaal erkende sertifisering het geloofwaardigheid aan die houtskool se status verleen, veral in uitvoermarkte met omgewingsbewuste verbruikers,” sê die ambassade in sy verklaring.

Die USAID TradeHub het ook Africa Burns Charcoal ondersteun om Amerikaanse marktoegangsvereistes en logistieke struikelblokke beter te verstaan, sodat hy die houtskool na die VSA belastingvry kon uitvoer onder normale handelsbetrekkinge, voorheen genoem “Most Favoured Nation”-status.

TGCC, van sy kant, werk nou saam met plaaslike gemeenskappe oraloor die VSA om gratis weeklikse braaie te ondersteun en te borg en sodoende 20 000 gratis maaltye aan mense wat voedselnood beleef, te verskaf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!