Houtverskaffers vir Tsumeb-kragstasie gesoek
Moet jaarliks tot 65 000 ton verskaf
In die Tsumeb-omgewing is sowat 3,1 miljoen hektaar bebosde grond beskikbaar, terwyl die projek na raming net sowat 12,8% hiervan sal benut.
NamPower stel voor om tussen N$450 en N$600 per ton te betaal vir ru-verwerkte hout wat ad-hoc verskaffers aan die beplande Otjikoto-biomassa-kragstasie naby Tsumeb sal lewer.
NamPower sal in die geval die hout by die plaashek kom haal.
Dit is die woorde van NamPower se Tangeni Tshivute, wat Vrydag boere en subkontrakteurs op Tsumeb toegespreek het oor die kragverspreider se planne vir die verskaffing van “brandstof” of houtskerwe aan die Otjikoto-aanleg.
Tydens die geleentheid het Tshivute verduidelik dat NamPower op twee maniere indringerbos as brandstof vir die aanleg wil verkry. Die eerste is vanaf langtermynverskaffers wat kontrakte het en van groot meganiese toerusting gebruik sal maak om altesaam sowat 150 000 tot 180 000 ton hout per jaar te verskaf.
Die beplande aanleg, wat sowat 180 000 tot 245 000 ton hout per jaar vir 25 jaar lank sal benodig, moet ook hout of biomassa vanaf ad-hoc verskaffers kry – vanaf SME’s, subkontrakteurs op plase of kleinskaalse boere.
“Op die manier hoop ons om nog ’n verdere 30 000 ton tot 65 000 ton per jaar aan te koop,” het Samuel Shikesho, ook ’n meganiese ingenieur by NamPower, verduidelik.
Hy het bygevoeg dat alles onderworpe sal wees aan relevente wetgewing asook Forest Stewardship Council (FSC)-standaarde, terwyl slegs probleemplante benut sal word.
RADIUS
Tshivute het verduidelik dat die geleentheid betrekking het tot grond in ’n radius van 100 km rondom Tsumeb. Hier is sowat 3,1 miljoen ha bebosde grond beskikbaar, terwyl die projek na raming net sowat 12,8% hiervan sal benut.
“Ons wil die 40 megawatt (MW)-kragstasie teen ’n kapasiteit van sowat 70% laat hardloop – wat beteken ons wil hê dit moet bykans 70% van die jaar in volle werking wees.
“Dit sal waarskynlik nie in die reënseisoen in werking wees nie, want dan wek Ruacana baie elektrisiteit op en is elektrisiteit vanaf dié bron die goedkoopste krag wat ons kan kry. Daarbenewens mag dit gedurende die reënseisoen gebeur dat groot, swaar toerusting nie in die veld kan ingaan om hout te oes nie,” het Tshivute verduidelik.
Hy sê die doel is geensins om met die brandhout- of die houtskoolbedryf mee te ding nie, maar slegs om boere in die spesifieke omgewing meer opsies te bied wat hulle met indringerbos op hul plase kan doen.
“NamPower stel voor om ru-verwekte hout vanaf ad-hoc verskaffers aan te koop, wat NamPower dan self met behulp van ’n elektriese kerwer op sal kerf sodat dit bruikbaar vir die aanleg is. Klein takkies tot stompe wat nie langer as 2 m of dikker as 18 cm is nie, kan verskaf word.
Daar sal moontlik ook van elektriese vragmotors gebruik gemaak word om vragte op plase te kom optel – juis sodat die aanleg nie so uitgelewer is aan stygende dieselpryse nie.
Tshivute sê die hoop is dat die kosprys vir hout nie meer as N$1 000 per ton vir NamPower uitwerk nie – omdat dit elektrisiteit teen bekostigbare pryse wil opwek.
“Die prys moet vasgestel word sodat dit ’n wen-wen-situasie vir almal is – beide vir die kleinskaalse verskaffer en NamPower.
KONSTRUKSIE
Hy het gesê indien alles volgens plan verloop, kan konstruksie aan die aanleg Maart of April volgende jaar begin, terwyl die aankoop van biomassa of hout dan 18 maande daarna sal begin.
Tshivute het boere verseker dat NamPower ernstig oor die projek is, alhoewel dit reeds vir langer as tien jaar onderweg is.
“Die projek is in 2012 van stapel gestuur, maar oponthoude met tenders met die langtermynverskaffing van houtskerwe, het vertragings veroorsaak het.”
Tshivute het ook gesê projekte soos Otjikoto sal Namibië mettertyd in staat stel om ingevoerde krag te vervang met elektrisiteit wat plaaslik opgewek word, terwyl dit ’n inkomste en meer werksgeleenthede vir Namibiërs kan beteken.
Die aanleg het ’n leeftyd van 25 jaar en sal mettertyd ook, tydens ’n tweede fase, die moontlikhede verken om koolstof terug in die grond vas te vang. Sou die projek by Tsumeb suksesvol wees, kan soortgelyke projekte in ander dele van die land uitgerol word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie