pork
pork

Invoerverbod red varkvleisprodusente

Vraag neem toe
'n Toename in produksie is in die plaaslike informele varkvleissektor waargeneem.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – Namibië se varkvleisprodusente sê die invoerverbod wat op varkvleis ingestel is as gevolg van ’n uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika het hulle van finansiële ondergang gered.

Volgens onlangse verslagtingsyfers was daar ’n effense afname in varke wat vanaf April 2022 tot April vanjaar geslag is.

Altesaam 14 961 varke is van Januarie tot April 2022 geslag, vergeleke met die 14 752 wat in dieselfde tydperk vanjaar geslag is. Dit is ’n afname van 1,4% teenoor 2022.

TOENAME IN PRODUKSIE

Die Namibië Landbou-unie (NLU) het egter gesê dit moet gesien word in die konteks van die bemarkingsdinamika van die maande wat April tot Junie 2022 voorafgegaan het.

Volgens die NLU was die gemiddelde topprys vir Februarie en Maart 2022 N$34,48 per kilogram, wat beteken invoerders kon groot hoeveelhede varkvleis teen baie goedkooppryse uit Suid-Afrika invoer – vandaar die afname in getalle wat plaaslik verkoop is.

“Hierdie invoere is toe van April tot Junie verkoop, toe die varkvleisprys in Suid-Afrika met N$2 per kg gestyg het.”

Die unie het gesê plaaslike produksie dek steeds 45% tot 50% van Namibië se varkvleisverbruik.

Die tekort word in hierdie stadium uit Europa ingevoer, met Duitsland en Spanje wat die belangrikste uitvoerlande is.

“Wat die informele sektor betref, sien ons ’n toename in produksie, al is dit nie ingesluit in die statistiek wat deur die Vleisraad aangeteken is nie.”

VRAAG NEEM TOE

Volgens die NLU het Gideon Goosen, die voorsitter van die Varkvleisprodusentevereniging van Namibië, gesê hy kan dit baseer op die aantal teeldiere wat die afgelope vier maande verkoop is – wat van vier verlede jaar tussen Januarie en April toegeneem het tot 28 gedurende dieselfde tydperk vanjaar.

“Die vraag het toegeneem sedert die invoerverbod, wat ’n groter tekort aan varkvleis as gewoonlik in Namibië geskep het.”

Goosen het bygevoeg die hoër vraag het die prys verhoog, wat dit ’n meer winsgewende opsie maak vir kleinskaalse boere om hul inkomstestroom te diversifiseer.

Volgens die NLU is die huidige topprys beperk tot N$51,03 per kg, maar dit sal net geld totdat die invoerverbod opgehef word.

HOë KOSTES

As ’n netto invoerder van voer is produksiekoste in Namibië baie hoog, en as die prys daal tot die normale topprysberekening (tans N$41,50 per kg), sal die sektor vorentoe beslis nie winsgewende wees nie, het die unie gesê.

Wêreldwye mielie- en sojapryse het egter gedaal weens rekordoeste in Suid-Amerika, ’n geprojekteerde rekordoes in die VSA en ’n afname in die vraag na voer uit China.

“Kombineer dit met die spanning wat die Suid-Afrikaanse varkvleissektor ervaar en die feit dat Suid-Afrika ook soggetalle verminder, en hopelik kan ons teen Desember vanjaar ’n beter vervaardiger/topprys sien,” het Goosen gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!