Jeugwenner Danelle wil betrokke bly by beeste, skoue
“Ek het ’n passie vir diere en boerdery. My pa het ’n plaas naby Solitaire ons boer met kleinvee. Hoewel ons nog nooit die geleentheid gehad om met grootvee te boer nie, wou ek nog altyd beeste beoordeel. Dit is vir my baie interessant.”
So sê die 18-jarige Danelle Bronkhorst van Windhoek Gimnasium wat tydens die Windhoek Skou die Bank Windhoek Feedmaster nasionale jeugbeoordelaarskompetisie gewen het.
Dié kompetisie fokus op jeugontwikkeling in landbou, en is deur wyle mnr. Dawid Krause van Feedmaster begin.
“Ek is oorweldig. Ek is bly dat die harde werk en moeite vrugte afgewerp het,” was haar woorde na afloop van die prysuitdeling.
“Ek gaan volgende jaar veeartseny by Unam studeer en sal graag in die toekoms betrokke wil bly by beeste, skoue en ook die werk wat op proefplase gedoen word.
“Plaaslewe en diere was nog altyd in my bloed. Dit is ook hoekom ek deel is van die Namibia Animal Welfare Association (Nawa),” sê Danelle.
Dit is die eerste keer dat sy vanjaar vir hierdie kompetisie ingeskryf het.
“Ek sal beslis vorentoe my kennis wil uitbrei deur rasbeoordelaarskursusse by te woon,” sê sy.
Bank Windhoek en Feedmaster het hande gevat om vanjaar weer dié nasionale kompetisie aan te bied.
Dit is die vierde jaar wat dit aangebied word met die doel om leerlinge tussen graad 9 en 11 die nodige vaardighede en kennis te gee om stoetdiere op die plaas en in skouringe te kan beoordeel, met die fokus op die Simbra- en Simmentaler-beesrasse.
Mnr. Christo van Zyl, die programleier, sê uit die 23 skole oraloor die land wat genooi is, het 16 skole deelgeneem. “Altesaam 20 leerlinge het deurgedring na die nasionale jeugbeoordelaarskompetisie by Windhoek Skou,” sê hy.
Al die kandidate het voor die beoordelingskompetisie ’n kursus bygewoon.
“Die beoordelaarskursus behels hoofsaaklik die beeste se basiese bouvorm en samestelling. Dit sluit ook die reëls van skouverenigings, die rol van die skoubestuurders, die voer van skoudiere en die voorbereiding en makmaak van die diere vir die skouring in,” vertel hy.
Sienta-Mari van Rooyen het die tweede plek ingepalm terwyl Chané Janse van Vuuren en Dawn van Niekerk die derde plek gedeel het.
Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike beleggings, borgskappe en geleenthede, me. Bronwyn Moody, het die deelnemers – veral die wenners – gelukgewens.
“Ons is verheug om te sien dat die vroulike deelnemers oor die afgelope paar jaar so goed gevaar het en is nie verbaas om vanjaar vier vroulike wenners te sien nie,” het sy gesê.
Danelle het haar medewenners, wat ewe passievol is oor landbou asook Bank Windhoek bedank vir die geleentheid en ‘n beroep op die bank gedoen om die landboujeugkompetisie in die toekoms te bly ondersteun.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie