Kan indringerbosse bosluisprobleme vererger?
Oklahoma-navorser wil studie van stapel stuur
Noden wil teen volgende jaar terugkeer na Namibië om met plaaslike kundiges saam te werk.
Navorsers uit Namibië en Oklahoma beplan om saam te werk om die probleem met bosluise, wat dalk vererger word deur indringerbosse wat as ‘n groeiende habitat vir dié parasiete dien, te takel.
Dienooreenkomstig het Bruce Noden, ‘n navorser verbonde aan die Oklahoma-staatsuniversiteit, vroeër vanjaar na Namibië gereis om die onderwerp met dr. Simbarashe Chitanga, ‘n medeprofessor in veterinêre parasitologie aan die Universiteit van Namibië (Unam), te bespreek.
Noden het reeds in Oklahoma bosindringing deur rooi sederbome bestudeer, asook die geneigdheid van bosluise om onder hierdie indringerplant te woon. Dit blyk dat bosluise die “vogtige klimaat” onder dié seders verkies, met die weste van Oklahoma wat ‘n droë klimaat het. Dit volgens ‘n artikel wat deur die Oklahoma-staatsuniversiteit gepubliseer is.
Hy het intussen ook aansoek gedoen om finansiering sodat hy teen volgende jaar kan terugkeer na Namibië om met plaaslike kundiges saam te werk.
“Die rooi seder bied in Oklahoma ‘n habitat wat hulle gewoonlik nie in ‘n droë klimaat sou hê nie. Die vraag is dus – as dit onder die boom gebeur, wat gebeur in dele van Afrika waar bosindringing ‘n probleem is?” het Noden gevra.
Hy is van mening dat dit belangrike navorsing is omdat Namibië groot volumes vrylopende, hormoonvrye beeste vir uitvoer na Amerika en Europa produseer, terwyl van die bosluise glo draers van ernstige siektes kan wees.
“As ons bosluise met bebosde gebiede kan verbind, kan Namibië van sy bosse ontslae raak om beheer oor die probleem met bosluise te kry,” meen Noden. “Ons het egter nog nie die feite hieroor nie en daarom is dit nodig dat ek in Namibië moet wees,” het hy gesê.
Hy erken dat Namibië baie van Oklahoma verskil en daar dus deur navorsing vasgestel moet word of dieselfde prinsiepe oral geld.
“Namibië is ‘n heel ander wêreld. Die vraag is dus of ons dít wat ons hier wys raak, net so in Namibië kan toepas? As ek terugkeur sal ek daarop fokus om data in te samel oor wat gebeur as dit kom by die indringing van doringbosse in die land en die invloed wat dit op bosluise het,” het hy gesê.
BESOEK
Chitanga het glo ook vantevore reeds na Noden uitgereik in verband met navorsing oor bosluise. Noden was vir twee maande lank, in Januarie en Februarie, in Namibië.
“Ons het tyd bestee om mekaar te leer ken en in die veld te gaan rondloop, waar ons na bosluise gesoek het. Ons het ook bosluise van beeste af verwyder, dit geïdentifiseer en terugvoering gebied oor sommige van ons navorsingsvoorstelle. Sodoende kon ek ook my rekords opdateer oor watter bosluise in Suider-Afrika gevind kan word.
“In die algemeen probeer ons ‘n ekologiese raamwerk ontwikkel sodat ons, as ek terugkeur na Namibië om aan die navorsing te werk, reeds inligting het oor bekende feite en weet wat nog gedoen moet word,” het Noden gesê.
Noden het self tussen 2010 en 2013 by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) gewerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie