Kenners se wenke teen veediefstal
Versamel eie bewyse, werk saam
Bekamp veediefstal deur 'n kombinasie van metodes, bou databasisse van bewyse op en hanteer self 'n misdaadtoneel as die polisie nie uitkom nie, sê kenners.
Boere wat self ten nouste by hul boerderye betrokke is, gereeld hul eie patrollies ry, as gemeenskappe saamwerk vir hul veiligheid, van teenstropingseenhede gebruik maak en self bewysstukke op misdaadtonele insamel, het die meeste sukses teen diefstal op hul plase.
“’n ‘Oplossing’ vir die probleem bestaan egter nie, net maniere om dit so moeilik as moontlik vir diewe te maak. Boonop behoort ’n kombinasie van voorkomingsmaatreëls geïmplementeer te word,” sê Stephan Weyand, eienaar van Namibië se grootste teenstropingseenheid, NYIME, wat landswyd werksaam is.
VOORKOMEND
Weyand sê as dit by voorkoming kom, blyk dit dat sekuriteitspersoneel wat plase permanent oppas, tot dusver die doeltreffendste metode teen dié soort misdaad te wees.
Hy sê dit werk ook goed as plaaseienaars gras teen die paaie kort hou, veral waar plase teen hoofpaaie grens – want dit laat diewe sonder wegkruipplekke en voetspore kan makliker gevolg word.
“Talle boere kap breë stroke oop vanaf hul lyndraad na die binnekant van die plaas, want dan kan diewe makliker gesien word. Jy moet alles doen om dit vir hulle so moeilik as moontlik te maak,” meen hy.
Weyand meen kameras is ’n doeltreffende hulpmiddel, maar moet verkieslik 24 uur per dag gemonitor word. Hy sê in gebiede waar die selfoonseine swak is, is kameras wat kennisgewings uitstuur as daar bewegings is, nie altyd doeltreffend nie.
Hy sê hommeltuie kan ook benut word asook sensors wat jou in kennis stel as daar aan jou sonpompe gepeuter word – tog is laasgenoemde ook afhanklik van ’n selfoonsein.
Ander toerusting bestaan ook vir die bekamping van veediefstal, wat insluit om ’n mikroskyfie onder die vee se vel in te plant, wat soos ’n elektroniese oorplaatjie funksioneer.
Chanté Nell van AgriPharm, wat van die plaatjies aan boere verkoop, verduidelik dit kan help om jou vee te identifiseer in gevalle waar hul brandmerke en oorplaatjies verwyder word. Boonop is dit veel goedkoper as vorige weergawes en kan boere dit self toedien.
“Dit kom daarop neer om ’n kombinasie van metodes te gebruik – ’n klomp hulpmiddels, tesame met teenstropingseenhede op die grond. Dan sal ons al hoe meer doeltreffend raak,” sê Weyand.
“Permanente sekuriteitspersoneel op jou plaas is duur, maar ’n boer kan sy somme maak of die beeste wat hy verloor meer kos as om vir die sekuriteit te betaal. Hoeveel verloor hy in ’n jaar en het hy die tyd om heeltyd sy plaas se sekuriteit te hanteer, of sal hy meer produktief wees om die tyd te gebruik om te boer?”
Hy sê boereverenigings span reeds saam vir kamerastelsels in groter gebiede, terwyl hulle asook groepe boere saam sekuriteit huur om groter gebiede te monitor. Hy meen die ekonomie, werkloosheid, die “maklike besigheid” van veediefstal asook die werksaamhede van sindikate is verantwoordelik vir die golf van diefstal op Namibiese plase.
VERSAMEL INLIGTING
Dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets sê boere wat erg deur diefstal geteiken word, kan ’n groot verskil maak deur binne hul omgewings databasisse van bewysstukke te begin opbou. Alle voorvalle moet dan ook by die polisie aangemeld word, of die polisie reageer of nie.
Wildlife Vets Namibia bied gereeld plaaslike kursusse aan oor hoe om misdaadtonele korrek te hanteer en bewyse in te samel.
“Dis ook belangrik om bewyse op die regte manier op misdaadtonele in te samel,” sê hy.
Hy sê omdat die polisie nie altyd meer uitkom na tonele toe nie, berus dit by die boer om bewysstukke te versamel. Dit sluit ook in om die datum, plek en tyd aan te teken asook presies neer te skryf wat gebeur het.
“Soveel foto’s as moontlik moet van die toneel geneem word – dit moet as te ware ’n storie vertel. Dien dan die volledige verslag by die polisie in en kry ’n saaknommer,” sê hy.
Tubbesing sê al hoe meer landbouers is so moedeloos, dat hulle nie meer sake by die polisie aanmeld nie. Dit is egter noordsaaklik om ’n ketting van bewyse teen oortreders op te bou, sodat hulle nie eindelik, as hulle byvoorbeeld met een skaap gevang word, net weer vrygelaat word nie.
Tubbesing stem saam dat sekuriteitskameras op plase ’n baie goeie belegging is en ’n uitstekende manier om jou plaas te beveilig.
“Dit is duur, maar dit is dalk beter as om jou hele boerdery aan diefstal te verloor. Plaas dit by brandpunte. Die tegnologie is van so ’n aard dat dit ’n mens kan herken en jou kan waarsku – dit gaan nie meer af as daar byvoorbeeld ’n koedoe verbyloop nie,” vertel hy.
MISDAADTONELE
“Op die ou einde van die dag is dit alles misdaadtonele en word dit dieselfde hanteer – maak nie saak of daar sonpanele of waterpompe gesteel is, of daar beeste geslag is en of daar ’n renoster geskiet is nie.
“Beveilig die toneel eerste. Dan moet ’n ervare persoon dit betree,” sê Tubbesing.
“Moenie die hele misdaadtoneel platloop nie, later weet jy nie meer aan wie behoort watter spore nie.
“Dis ook belangrik om soveel foto’s as moontlik te neem. Dit moet egter reg gedoen word – met ’n liniaal langs ’n spoor en met die kamera perfek parallel met die grond, sodat die perspektief van die foto korrek is.
“Daarsonder beteken ’n foto van ’n voetspoor niks nie.
“Jy kan ook die tree meet en so vasstel hoe lank die persoon is. Moenie, as daar byvoorbeeld ’n panga lê, dit optel en in jou bakkie gooi nie. Die persoon se DNS kan daarop wees.
“Tydens ’n jaagtog, as verdagtes paniekerig begin raak en hul toerusting weggooi, kan dit dalk as bewysstukke teen hulle dien – want die bloed op die panga is dieselfde as van jou bees. Moenie dit net optel en op jou motor gooi nie,” sê hy.
Tubbesing sê dis gewoonlik sindikate wat binne gegewe omgewings werksaam is. Wanneer verdagtes gevang word en daar is reeds ’n magdom bewysstukke teen hulle ingesamel, is daar ’n sterker saak teen hulle.
“Boere moet ook die bewysstukke insamel en met mekaar vergelyk. So kan daar vasgestel word wat is die verdagtes se modus operandi en meer. As jy jou vyand ken, kan jy hom oorwin,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie