Kilo 40 vir gasvryheid en bobaas-sosaties
Produkte beskikbaar op Otjiwarongo, Khorixas
Die sosaties wat by die bekende padstal te koop is, is deel van ʼn geheime familieresep wat sowat 102 jaar oud is.
Geen reis na die Noorde is voltooi as jy nie halfpad by ʼn padstal soos die alombekende Kilo 40 stilgehou het en ʼn paar heerlike stukke biltong gekoop het nie.
By die padstal, 40 km uit op die pad tussen Otjiwarongo en Otavi, word jy met plattelandse gasvryheid en ʼn paar opgewonde toeriste verwelkom, met die gebulk en geblêr van beeste en skape in die agtergrond.
“Ek sou sê veral Kilo 40 se chili bites en sosaties is die beste rede om by ons padstal stil te hou – dit is wat ons besonders en uniek maak!” gesels Irina Labuschagne, wat sake by die padstal met fyn vernuf bestuur.
Sy is getroud met die jongste Labuschagne-broer, Neels, wat saam met sy broer, Chris, die mede-eienaar is.
“Hoekom ek sê sosaties: Dit is ʼn familieresep wat al van die 1920’s kom. Die resep is ʼn geheim,” sê sy.
Die padstal verkoop verskeie gedroogte vleisprodukte vir reisigers, wat biltong, droëwors, patties, asook verskeie rou of vars vleisprodukte insluit. Vars vleisprodukte wat verkoop word sluit steak, sosaties, boerewors en maalvleis in, terwyl Kilo 40 ook verskeie basiese kruideniersware verkoop.
“As jy vergeet het om iets in die dorp te koop – ons het dit: houtskool, Blitz, toiletpapier, tandepasta, tandeborsels en mieliemeel,” sê Labuschagne.
VAN RUSLAND
Eintlik is sy ʼn Russiese meisie, vertel Irina. Sy praat vlot Afrikaans, sonder enige aksent.
“Ek het op sesjarige ouderdom saam met my ma Namibië toe getrek, toe sy met ʼn Namibiër getroud is,” vertel sy.
Sy was hoofsaaklik op Swakopmund op skool. Sy was toe “in die diepkant ingegooi” om Afrikaans te moet leer, maar sy gesels gemaklik.
“Ek maak soms nog foute, maar ek leer elke dag.”
Irina is later met Neels getroud en behalwe vir haar ma, het ʼn tannie van haar haar ook intussen vanuit Rusland in Namibië kom vestig.
“Die res van ons familie is nog in Rusland. Af en toe gaan ons terug om vir my ouma en oom te gaan kuier,” vertel Irina.
IN AANVRAAG
Irina vertel die Labuschagne’s het Kilo 40 in 2019 oorgekoop, alhoewel die padstal reeds sedert 2004 bestaan.
Sy sê haar man en sy oudste broer het aanvanklik met die onderneming Waterberg Agri Trading begin.
“Hulle het met ʼn klein houtskoolbedryf begin en mettertyd uitgebrei. Nou koop hulle ook beeste vir Karan Beef – hulle is hul eie agent,” vertel sy.
Intussen is Kilo40 se produkte hoog in aanvraag.
“Ons verkoop ook nou ons produkte by die Otjiwarongo Service Station, die meeste mense ken dit as Hakahana, asook by Khorixas Service Station. Ons maak ook ʼn plan om kliënte landswyd te bedien.
“Ons doen op Dinsdae en Vrydae aflewerings op Otjiwarongo self, en party Woensdae selfs tot op Grootfontein.
“Soos ons kan, probeer ons alle kliënte help. Selfs al is hulle nie in die Noorde nie, sal ons ekstra moeite doen om vleis na hulle toe te stuur,” sê sy.
EIE PRODUKSIE
Labuschagne vertel die vleisprodukte in die padstal kom hoofsaaklik van hul eie beeste en skape, wat op natuurlike weiding grootgemaak word.
“As ons nie genoeg beeste of skape het nie, koop ons aan van boere uit ons omgewing. Alhoewel ons ons eie wild het, slag ons hulle nie graag nie en koop eerder ons wildsvleis aan by ander boere in die omgewing,” vertel sy.
Labuschagne meen dit is nodig dat mense padstalle ondersteun. “Tydens die Covid-tydperk was padstalletjies baie stil. Ek sal sê as iemand ʼn padstal ondersteun, ondersteun hulle die boere agter dit ook.
“Kilo 40 probeer ook om goeie pryse aan die boere te betaal waar ons vleis aankoop wat ons vir ons slaghuis gebruik.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie