Kleinboere in Oshanastreek ontvang landboutoerusting
“Die bal is nou in julle hande om hierdie toerusting optimaal te gebruik en vir huishoudelike voedselsekuriteit te werk.”
Só het die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, tydens sy besoek die afgelope Saterdag in die Oshanastreek gesê, waar kleinboere verskeie landboutoerusting ontvang het as deel van die ministerie se Namibië Landbou-meganiserings en saadverbeteringsprojek (Namsip).
Die geleentheid is op me. Teopolina Hanhele se mielielande aangebied, waar amptenare aan boere gedemonstreer het hoe die toerusting gebruik moet word.
Schlettwein het verduidelik Namsip is ’n nasionale produk waarvan die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) ’n medefinansierder is. Hy het gesê die teikengroep van die program is kleinskaalse boere in die land se kommunale gebiede.
“Die doel van die projek is om huishoudelike voedselsekuriteit te verbeter, asook armoede verligting en om landbouproduktiwiteit te verhoog.”
Hy meen dit sal help om jaarlikse invoere van stapelvoedsel, grane en ander kos te verminder, terwyl dit sal bydra tot werkskepping asook huishoudelike inkomste.
“Die projek het twee onderafdelings, naamlik die meganisering van landbou asook die verbetering van gesertifiseerde sade.
“Die meganisering sal boere help om hul landboubedrywighede vinniger en meer doeltreffend af te handel, veral in die gewasproduserende streke waar droëlandverbouing gedoen word.
“Boonop sal dit help om produktiwiteit te verbeter en die koste van plante te verminder,” het Schlettwein gesê.
Hy het bygevoeg dat landboutoerusting wat onkruid skoffel, saailinge plant en sproeitoerusting aangeskaf is.
Hy sê die ministerie is besig om trekkers en implemente aan te skaf met die oog daarop om gesubsidieerde dienste te bied, soos om te ploeg, plant en onkruid te verwyder. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie