Knopvelsiekte breek uit in Oshikoto
Vrektes onder beeste aangemeld
Boere word aangeraai om hul gesonde beeste in te ent.
Knopvelsiekte het in die Nehale LyaMpingana-kiesafdeling in die Oshikotostreek uitgebreek, het die minister van landbou, water en grondhervorming bevestig.
Volgens die waarnemende hoofveeartsenybeampte, dr Johannes Shoopala, is die siekte aanvanklik op 12 en 13 November by een van die plase in die Onalusheshete-gebied in die Nehale LyaMpingana-kiesafdeling waargeneem en by die Omuthiya-staatsveertsenykantoor gerapporteer.
Hy het gesê dat ander gevalle daarna ook in die omliggende gebied opgespoor is.
Volgens Shoopala is tot dusver 'n totaal van 24 kliniese gevalle by Edhilankono no. 1, Kanepolo- en Petenena-pos aangemeld, terwyl agt beeste met kliniese tekens gevrek het.
“Boere word aangeraai om hul gesonde beeste in te ent en om insekte te beheer. Ondersteunende behandeling kan gegee word aan beeste wat kliniese tekens toon deur vitamiene, antibiotika en anti-inflammatoriese middels toe te dien om sekondêre bakteriële infeksie te beheer soos deur staatsveeartse voorgeskryf.”
Shoopala het gesê om die verdere verspreiding van die siekte te stop en om die bemarking van beeste in die gebied in ooreenstemming met die Wet op Dieregesondheid te verseker, het die direktoraat van veeartsenydienste verskeie beheermaatreëls ingestel.
“Beesbeweging vanaf geraakte boerdery-eenhede of nedersettings word toegelaat op voorwaarde dat hulle nie kliniese tekens van die siekte toon nie en ten minste 21 dae voor so ’n beweging ingeënt word indien dit aangetas word.”
Verder moet beeste wat na die geraakte boerdery-eenhede of nedersettings beweeg ten minste 21 dae voor sodanige beweging ingeënt word.
Die bogenoemde maatreëls sluit klinies gesonde beeste uit wat bestem is vir die direkte slagting.
Shoopala het gesê dat die direktoraat in hierdie tyd volle samewerking van boere versoek om te verseker dat boerdery in die geraakte gebiede binne die kortste moontlike tyd weer na normale boerdery kan terugkeer.
Boere kan die siekte maklik uitken aan die duidelike knoppe wat onder die vel voorkom, veral rondom die gesig, nek, onder die buik, op die bene of rondom die geslagsdele en uier.
Die knoppe is hard en is gewoonlik van dieselfde grootte. Baie van die knoppe word sere en raak soms besmet en kan wonde word. Die knoppe vorm later skurfte wat maande lank kan aanhou en letsels laat wanneer dit gesond is.
Nog 'n prominente teken wat voorkom, is hoë koors wat binne 'n paar dae kan daal, maar weer kan styg. Dit word gevolg deur kwyl en afskeidings uit die oë en neus. Die beeste word swak en hou op vreet, wat vinnige gewigsverlies tot gevolg het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie