Kommunale boere aangemoedig om te ploeg

Landerye voorberei
Die regering het trekkers te huur in sommige gebiede teen byna die helfte van die kommersiële prys in sekere gebiede beskikbaar gestel.
Tuyeimo Haidula
Die raadslid van die Okongo-kiesafdeling Shipindo Lebius het 'n beroep op kommunale boere in die noordelike gedeeltes van die land gedoen om te begin om hul landerye voor te berei en te ploeg. Die oproep volg ná goeie en swaar neerslae in die gedeeltes uitgesak het. Dit is ook in lyn met Swapo se manifes om voedselsekuriteit te verbeter. Lebius het die dringende behoefte beklemtoon om voedselonsekerheid ná swak oeste in vorige jare weens droogtetoestande en seisoenale vloede te takel. Hy het boere aangemoedig om die geleentheid te gebruik wat deur die vroeë reëns verskaf is om gewasse soos sorghum, mielies, mahangu en bone te plant.

Lebius het ook verwys na Swapo se verkiesingsmanifes wat prioriteit verleen aan die ontwikkeling van plaaslike landbou-insette soos saad, kunsmis en onkruiddoders om voedselsekuriteit 'n hupstoot te gee.

"Voedsekuriteit en om selfonderhoudend te wees, is kritieke aspekte van nasionale ekonomiese groei en ontwikkeling," het hy gesê.

"Ons sien die eerste reën het reeds begin. Dit is 'n teken om te begin om ons landerye voor te berei en gewasse te saai."

Die raadslid vir die Onesi-kiesafdeling Festus Petrus het op sy beurt 'n beroep op inwoners in die gebied gedoen om dadelik te begin ploeg. Petrus het gemaan dat inwoners nie vir nog 'n reënseisoen moet wag nie. Hy het ook die belangrikheid daarvan beklemtoon dat inwoners hul afhanklikheid van die regering se droogtehulpprogramme moet verminder.

"As ons ons eie kos produseer, kan die regering finansiering vir droogtehulpverligting na ander noodsaaklike programme kanaliseer," het hy beklemtoon.

Beide die kiesafdelings het ondersteuning van die ministerie van landbou, water en grondhervorming in die vorm van trekkers gekry om boere in die omgewing te help. Op Onesi is vier trekkers beskikbaar om te huur teen 'n fooi van N$350 per huishouding.

Registrasie duur steeds voort by die kiesafdelings se kantore vir inwoners wat die toerusting wil huur.

Die Ohangwena- en Omusatistreek staar reeds vir etlike jare wisselvallige weerstoestande in die gesig. Dit sluit in ernstige droogtes en laat reën wat baie inwoners sonder enige voedselsekuriteit laat. Die raadslede se oproepe het ten doel om juis dié uitdagings hok te slaan deur proaktiewe akkerbou-aktiwiteite aan te moedig en hulpbronne beskikbaar te stel. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!