Konstruksie van uitvoerslagpale vorder flink

Frank Steffen
Savanna Beef Processors Limited (SBPL) se moderne aanleg, tans in aanbou, het ten doel om waarde toe te voeg tot die beesvleiswaardeketting en die ekonomie van veral landelike gebiede.

Daar word beoog dat dié aanleg sowat 280 karkasse per dag teen ’n tempo van 32 beeskarkasse per uur sal verwerk en om alle vleisprodukte uit te voer, ongeag die snit.

SBPL se aandeelhouers en lede van die media is onlangs na die konstruksieterrein – oorkant die plaas Teufelsbach sowat 45 kilometer op die A1-hoofweg in die rigting van Okahandja – genooi om die projek se vordering te sien.

Die idee om dié aanleg te bou het drie en ’n half jaar gelede ontstaan ??en word gedryf deur ’n boeregemeenskap wat die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) gestig het.

Die bekende boer van die Grootfontein-omgewing en voorsitter van BVCF, Mecki Schneider, het verduidelik dat SBPL gestig is as ’n 100%-filiaal van BVCF en die doel is “om die abattoir en die verwerkingsaanleg operasioneel te bestuur en om ’n voorspoedige toekoms vir die plaaslike beesvleisbedryf te verseker”.



N$420 MILJOEN INGESAMEL

Sedert die stigting van die maatskappy het dit ongeveer N$193,5 miljoen op die Namibiese Aandelebeurs (NSX) ingesamel.

Nog sowat N$150 miljoen is verseker deur ’n lening van die Nywerheidsontwikkelingsbank in Suid-Afrika (NOK) en ’n kommersiële lening van sowat N$85 miljoen is vir die verkoelingsaanleg verkry. Twee afsonderlike aandelebeleggingsfondse van sowat N$40 miljoen elk is ook in die projek belê.

Genoeg kapitaal is dus ingesamel om die aanleg van ongeveer N$420 miljoen te finansier en ’n kontantvloeireserwe te handhaaf.

Vanaf 21 Augustus is die aanbod vir nog N$6,5 miljoen se aandele beskikbaar gestel om die boere se ekwiteit op N$200 miljoen te bring.

Die aanleg sal glo sowat 200 werksgeleenthede skep en volgens Schneider beoog hulle om die eerste beeste nie later as Junie 2025 te slag nie.



PRODUKSIE EN VERKOPE

Schneider het bevestig dat die volledige geteikende produksie van 50 000 geslagte diere tegnies reeds verkoop is.

“Dit is maklik om snitte soos filette, boud en ander topsnitte te verkoop, daar is altyd ’n vraag daarvoor, maar ons het iemand nodig om ál ons vleis te vat.”

Die direkteur verantwoordelik vir bemarking, Diethelm Metzger, het hieroor uitgebrei en gesê Global Protein Solutions (GPS) van die Verenigde Koninkryk (VK) het reeds belangstelling getoon om al SBPL se produksie te koop.

Volgens Metzger sal die uitvoer na GPS ideaal wees omdat hulle tegnies die “volledige karkas” neem.

Die bedryfshoof, Helgo Horsthemke, het verduidelik dat SBPL 47 verskillende snitte vir uitvoer geïdentifiseer het, Hy sê egter weens die aanleg wat in uitvoermarkte spesialiseer, voorspel hy dat dié getal tot 208 sal toeneem.

Dit aangesien die snitte volgens die spesifieke bestellings van kliënte voorberei sal word.

Die vleisprodukte sal glo eers in die eerste drie maande plaaslik en in die streke (regionally) bemark word. Metzger het wel bygevoeg dat hulle hoop om goedkeuring van die Europese Unie (EU) te kry om verder uit te voer.



DVS GEE (VIR NOU) DIE GROEN LIG

Horsthemke het tydens die besoek verduidelik dat SBPL reeds sy planne vir die aanleg by die direktoraat veeartsenydienste (DVS) ingedien het.

Alhoewel die DVS nie die aanleg kan goedkeur voordat hulle die voltooide aanleg en sy bedrywighede kan inspekteer nie, het hulle voorlopig bevind die ontwerp is funksioneel en in orde. Die ontwerp sluit sleutelontwerpe soos ’n 7 m-slagvloer in. Die SBPL beplan ook twee bloedingstasies – dit sal ’n eerste vir Afrika wees.

Nog 'n eerste is die "huidtrekker" (hide puller) wat sal sien hoe die verwerkingspan die vel strategies sny sodat die vel van die karkas afgetrek en in die proses opgerol word. Dit sal glo nie net die proses bespoedig nie, maar ook toelaat dat sogenaamde vuil produkte van skoon produkte geskei word.

Die aanleg is so ontwerp dat alle afvalprodukte (hoewe, sterte, huide, ens.) vanaf die hoofvloer na afsonderlike verwerkingsareas geneem word, terwyl die vleis wat higiëniese prosesse vereis in die verkoelers gaan.

Die karkasse sal in ooreenstemming met bek-en-klouseer-spesifikasies gehang word en vir 24 uur teen nie minder nie as twee grade Celsius gestoor word voor dit in kwarte verdeel, ontbeen en verwerk word.

Die konstruksiemaatskappy Nexus, Corrie Labuschagne, het nie net sy trots uitgespreek oor die bestuur en die bou van 'n deurslaggewende projek nie, maar glo sterk dat hierdie tipe belegging waarde tot die Namibiese ekonomie toevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!