Laaste beleggingsrondte vir Savanna
Terwyl die tenderproses vir bouwerk tot 'n einde kom, wil die direksie seker maak die geld is beskikbaar en is 'n derde private geleentheid vir die aankoop van aandele geopen.
Nog ’n beleggingsrondte in Savanna Beef Processors (SBP) vir plaaslike beesprodusente het Vrydag geopen, met die mikpunt om die orige N$26,432 miljoen oor die komende twee maande in te samel.
Dit volg nadat onderskeidelik N$146- en N$27,56 miljoen tydens die twee vorige rondtes deur Namibiese beesboere belê is – wat sowat 86,8% van die beskikbare aandele is.
Cirrus Capital hanteer ook hierdie beleggingsrondte namens SBP.
In ’n verklaring wat Vrydag aan media uitgereik is, sê die SBP-direksie en die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) dat daar reeds beduidende vordering gemaak is vir die konstruksie van ’n uitvoerabattoir in Namibië.
“Terwyl die tenderproses tot ’n einde kom en ons wil seker maak die geld is in plek vir die konstruksiewerk, open die SBP-direksie ’n derde private geleentheid vir aandeelhouers van SBP, lede van die BVCF en geregistreerde beesprodusente om aandele op te koop,” lui die verklaring.
Enige verdere beleggings deur beesboere word deur SBP beskou as ’n geleentheid om produsente se eienaarskap van die abattoir te versterk. Dienooreenkomstig word geen minimumbedrag vir beleggers vereis nie, maar aandele sal uitgereik word op ’n basis van ‘dié wat eerste kom, word eerste bedien’.
Die direksie sê hierdie sal die heel laaste geleentheid vir Namibiese beesprodusente wees om aandele deur private plasing te koop en dus SBP-aandeelhouers te word, wat beteken hulle sal voorkeur geniet as dit by slagbeurte kom.
Die derde beleggingsvenster het reeds die afgelope Vrydag (14 Julie) om 09:00 geopen en sluit weer om 12:00 op 7 September. Die resultate van die derde beleggingsrondte sal vanaf 14 September bekend gemaak word.
Verder is ook aangekondig dat SBP se eerste jaarvergadering op 23 Augustus sal plaasvind, maar dat diegene wat aandele tydens die derde rondte koop, nie stemreg tydens die jaarvergadering sal hê nie. Die rede hiervoor is dat die derde rondte vir aandeelhouers eers op 7 September sluit.
Verdere navrae kan aan Cirrus Capital gerig word of per ‘n e-pos na [email protected] gestuur word. Voornemende aandeelhouers gaan ‘n aansoekvorm moet invul en dit terugbesorg aan Cirrus Capital, terwyl betalings vir die aankoop van aandele teen 12:00 op 7 September afgehandel moet wees.
Mecki Schneider, die voorsitter van beide die SBP- en BVCF-direksie, het voorheen aan Republikein gesê die perseel waar die Savanna-uitvoerabattoir opgerig sal word, is tussen Windhoek en Okahandja langs die snelweg geleë - by die Tuefelsbach-afdraai, sowat 25 km vanaf Okahandja.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie