Maltahöhe BV hou groot makietie
Die Maltahöhe Boerevereniging (BV) vier op 12 Mei sy 75ste bestaansjaar met 'n groot makietie wat op At Kronenhof Lodge plaasvind.
Volgens die vereniging se voorsitter, Tjaard Venter, begin die dag se verrigtinge reeds vroeg, met die oggend wat gevul is met 'n reeks sprekers en borge wat demonstrasies gaan doen.
"Die dag word afgesluit met 'n lekker ete en kuier saam met Adam Tas wat vir ons optree, en ook Namibië se eie Take2 wat ons gaste gaan vermaak. Ons gaan kuier van vroegoggend tot laataand," sê hy.
Hy voeg by dat benewens die uitnodigings wat gerig is aan boere van die omgewing, is daar ook oudvoorsitters en die president van die NLU wat hul deelname bevestig het.
"Daar is van die ou lede wat van vroeg deel was van die BV wat meer oor die geskiedenis van die organisasie en staaltjies gaan deel," sê Venter.
Verder is hy trots op die feit dat hulle boerevereniging een van dié is wat nog in die omgewing bestaan. “Met ons vergaderings maak ons altyd seker ons kry iemand om te kom gesels oor iets nuuts. Die hele doel daarmee is dat wanneer ons verdaag, elkeen iets geleer het wat hulle prakties kan toepas. Ons belê baie in ons lede."
Vir die verjaardagvieringe maak Venter en sy span gereed vir 150 gaste en kaartjies is reeds beskikbaar. Kaartjies kos N$400 vir die hele dag of N$300 vir halfdag; skoolkinders betaal halfprys en voorskoolse kinders is gratis. “Ons gaan 'n lekker gatbraai maak daai aand, wat beloof om iets besonders te ete op te lewer."
Vir meer inligting en kaartjies, kontak 083 700 0077.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie