TRANSFORM: Agriculture minister Calle Schlettwein. Photo: CONTRIBUTED
TRANSFORM: Agriculture minister Calle Schlettwein. Photo: CONTRIBUTED

Meatco, Amta aangemoedig om te innoveer

Ellanie Smit
Ellanie Smit

Die ondergemiddelde prestasie van twee noodsaaklike openbare entiteite in die land se landbousektor moet dringend getakel word deur die innovasie van ‘n transformasie-agenda, het die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, gesê.

Dié twee, die Landboubemarkings- en Handelsagentskap (Amta) en Meatco, is van die swakste presteerders onder die land se semistaatsinstellings.

"Vir die sektor om toenemend aan hierdie transformasie-agenda te voldoen, moet ‘n ander benadering as gewoonlik gevolg word en meer innovasie en vennootskappe word vereis om die beperkings uit die weg te ruim en groei-inisiatiewe aktief te implementeer in akkerbou, tuinbou, lewende hawe en verwante waardekettings binne en rakende die sektor,” het Schlettwein Woensdag tydens die openingseremonie van die Landbouvooruitsigte-konferensie in Windhoek gesê.

Die minister wil hê Amta moet strategieë bedink om voldoende ondersteuning te verseker om marktoegang vir landbou- en tuinbouprodukte, veral vir kleinskaalse boere, te verhoog.

Wat Meatco betref, het Schlettwein ‘n beroep vir groter sakevolhoubaarheid gedoen en gesê die maatskappy moet uitreik na alle boere in dié mark, veral dié in die noordelike kommunale gebiede.

KONSTANTE VERLIESE

As ’n groep het Meatco sy grootste verlies nóg van N$206,29 miljoen gedurende die 2021-‘22-boekjaar verklaar – die piek van vyf jaar van konstante verliese.

Meatco-produsente het verlede week op sy algemene jaarvergadering ’n mosie ondersteun waarin ’n onafhanklike ondersoek deur internasionale kundiges aangevra word om te bepaal of die kundigheid en doeltreffendheidsvlakke van die maatskappy se bestuur en direksie voldoende is om ‘n uitvoer- en bemarkingsaanleg te bedryf wat op internasionale vlak meeding.

Hulle wil ook binne die volgende vier maande antwoorde hê oor die maatskappy se benarde geldsake.

Amta is nog ‘n kopseer vir sy aandeelhouer, die regering, wat meen boere baat nie by die maatskappy se bestaan nie.

Sowat twee jaar gelede moes die Namibiese Akkerbouraad Amta se bedrywighede oorneem en toe gesê die agentskap se swak prestasie het die raad se regulatoriese funksies bedreig.

POTENSIAAL

Schlettwein het gesê die landboubedryf se potensiaal moet ontgin word om duisende van armoede en werkloosheid te red deur meer inklusiewe groei te bewerkstellig en die sektor se aandeel van die bruto binnelandse produk (BBP) te verhoog.

“Die huidige hoëfrekwensiedata van die tweede kwartaal se BBP vir 2022, dui daarop dat die sektor se reële uitset met sowat 2% op ’n jaargrondslag gegroei het sedert die herstel met 6,3% in 2020.”

Hy het bygevoeg veral die terugkeer na ‘n positiewe groeitrajek vir die nasionale ekonomie stel die nodige voorwaarde vir die land om inkomste per capita te behaal en armoede en werkloosheid deur groei te verminder.

“‘n Groeivoorstel met so ‘n impak is egter slegs moontlik wanneer groei lei tot werkskepping en generering van inkomste.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!