Meatco beplan nuwe strategieë
Inmaakfabriek onbepaald gesluit
Ondanks struikelblokke het Meatco daarin geslaag om aansienlike verkope in spesifieke produkkategorieë te behaal.
Meatco se uitdagings met ou en verouderde toerusting wat waarde tot produkte toevoeg (value-addition), het gedurende die vorige boekjaar gelei tot lae produksievolumes en produkte wat nie op standaard is nie.
Die maatskappy se 2023-’24-jaarverslag wys op die behoefte aan belegging in modernisering en die opgradering van toerusting om doeltreffendheid te verbeter en produkgehalte te handhaaf.
Volgens die verslag het die inmaakfabriek (cannery) geen opknappingswerk ondergaan nie en sal dié fabriek gesluit bly tot verdere kennisgewing, hangende die nodige opgraderings en verbeterings.
Luidens die verslag het Meatco se segment om waarde tot produkte toe te voeg verskeie uitdagings in die gesig gestaar wat sy prestasie beïnvloed het.
“Ons het 741,54 ton produkte met toegevoegde waarde geproduseer, wat minder is as die begrote teiken van 960 ton.”
Die tekort is glo hoofsaaklik weens finansiële beperkings, insluitend vertragings om verskaffers betyds te betaal, wat produksievermoëns beïnvloed het.
Boonop het die verhoogde beskikbaarheid van meganies ontbeende hoendervleis (MDM) in die mark beduidende mededinging geskep, volgens die verslag.
Twee groot kleinhandelaars het glo die uitdagings verder vererger deur hul eie interne produksiesentrums om waarde tot produkte toe te voeg te implementeer, wat hul afhanklikheid van Meatco verminder het.
“Ondanks hierdie struikelblokke het Meatco daarin geslaag om aansienlike verkope in spesifieke produkkategorieë te behaal.”
Dit sluit in sopbene (soup bones) en nekke (stewing necks) wat verantwoordelik was vir 83% van waardetoevoegingsverkope, wat glo ’n sterk markaanvraag en kliëntevoorkeur aandui.
Verder het wors, maalvleis en hamburger-patties die oorblywende 17% van verkope uitgemaak, wat ’n laer markvraag weerspieël.
“In die vooruitsig na 2024-’25 beplan Meatco om ons produksie om waarde toe te voeg strategies in lyn te bring om beter aan markvereistes te voldoen en winsgewendheid te verbeter,” lui die verslag.
Volgens die verslag sal die fokus op die vermindering van produkte met lae verkope wees.
“Ons sal die vervaardiging van produkte verminder wat laer verkoopsprestasie getoon het. Dit sal ons in staat stel om hulpbronne meer doeltreffend toe te wys en op items met ’n groter aanvraag te konsentreer.”
BENUT STERKPUNTE
Nog ’n fokusarea sal wees op produkte wat goed verkoop.
“Gegewe die sterk prestasie van sopbene en nekke, sal ons produksievolumes vir hierdie hoëaanvraag-items verhoog. Hierdie strategiese verskuiwing is daarop gemik om ons verkope te maksimaliseer en ons sterkpunte in die mark te benut.”
Meatco het gesê hy sal ook daarop fokus om sy produksievolumes te verhoog.
“Deur te fokus op produkte wat beter verkoop, beoog ons om algehele produksievolumes te verbeter en ons begrotingsteikens vir die komende jaar te behaal en moontlik te oorskry.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie