Meatco NCA bly optimisties ondanks verlies
'Finansiële prestasie weerspieël vordering'
In die 2023-'24-boekjaar is 'n netto verlies van meer as N$17,3 miljoen aangeteken.
Meatco noord van die veterinêre kordonheining (NCA) se bedrywighede het gedurende die 2023-’24-boekjaar 849 934 kg beesvleis ter waarde van meer as N$39,3 miljoen versprei.
Altesaam 117 632 kg is na Afrikalande uitgevoer waarvan die meerderheid na Ghana gegaan het.
Meatco NCA se prestasie vir die 2023-’24-boekjaar het egter ’n netto verlies van meer as N$17,3 miljoen aangeteken, terwyl die maatskappy vir ’n verlies van net meer as N$4 miljoen begroot het. ’n Verlies van meer as N$13,6 miljoen is gedurende die 2022-’23-boekjaar aangemeld.
“Terwyl uitdagings voortgeduur het, weerspieël ons finansiële prestasie veerkragtigheid en vordering.
“Ondanks ’n verlies bly ons optimisties oor die strategiese inisiatiewe wat in plek is om bedryfsdoeltreffendheid en inkomste-generering te versterk,” het Meatco in sy geïntegreerde verslag vir die 2023-’24-boekjaar gesê.
Met betrekking tot die verkryging van vee, meen Meatco dat die NCA-mark ondanks uitdagings ’n steunpilaar bly vir abattoir-operateurs in die gebied suid van die veterinêre kordonheining, ook bekend as die Rooilyn.
KATIMA MULILO, RUNDU
Volgens die verslag het die Katima Mulilo-abattoir steeds positiewe prestasies getoon met verhoogde verkope.
“Uitdagings soos lae slaggetalle en infrastruktuurvereistes vereis egter aandag vir volgehoue groei en doeltreffendheid. Weens die lae beesvoorraad het die abattoirbedrywighede ’n blokbenadering (slaugher-block mode) gevolg om doeltreffendheid gedurende die oorsigtydperk te verseker.”
Intussen het die maatskappy gesê die oordrag van operasionele beheer van die Rundu-abattoir aan Meatco was ’n belangrike mylpaal in hul reis na die versterking van die beeswaardeketting-ontwikkelingsprogram in die NCA.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het op 31 Augustus 2023 operasionele beheer van die Rundu-abattoir aan Meatco oorgedra.
Dié geriewe, wat in 2014 gebou is teen ’n koste van N$170 miljoen, spog met ’n slagvermoë van 80 tot 120 beeste per dag, wat ’n noodsaaklike mark bied vir plaaslike veeprodusente oraloor die streek, het Meatco gesê.
WERKSMAG
Die verslag dui verder daarop dat Meatco NCA sowat 110 personeellede gedurende 2023-’24 op sy persele geakkommodeer het.
Volgens Meatco moes die werwingsproses vir bykomende personeel vroeg in 2024 gefinaliseer word om die Rundu-abattoir se sertifisering te bespoedig sodat die abattoir verdere toegang tot Afrika- en internasionale markte kan hê.
Die verslag het gesê pogings om verkope deur hul fabriekswinkel te verbeter, positiewe uitkomste opgelewer het, veral in terme van die verhoogde verkope van afval en bene.
Boonop is die stigting van die NCA Abattoir-vereniging in die tydperk gedoen waarop die verslag gefokus het. Die stigting van die vereniging is gefasiliteer deur die Meatco-stigting, onder leiding van die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU) met die ondersteuning van die Europese Unie (EU).
Die NCA Abattoir-vereniging sal na verwagting uitdagings takel wat abattoir-operateurs in die streek ondervind om die optimale deurvoer van die abattoirs sowel as toegang tot markte te verseker.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie