Meatco hou vol sy sakeplan is gerat vir die volhoubare en winsgewende uitvoer van beesvleis tot voordeel van alle produsente. Foto Meatco
Meatco hou vol sy sakeplan is gerat vir die volhoubare en winsgewende uitvoer van beesvleis tot voordeel van alle produsente. Foto Meatco

Meatco: Ons het droogteskok vir boere absorbeer

Ronelle Rademeyer
Die land se uitvoerabattoir vir beesvleis sê hy was tydens die verwoestende droogte van 2019 die enigste “skokabsordeerder” en het die afgelope drie jaar sowat N$2 miljard aan beesvleisprodusente uitbetaal “met die uitsluitlike doel om hulle oorlewing te verseker”.

Meatco het in ’n verklaring reageer op ’n berig Woensdag in Republikein oor produsente se kommer oor sy volhoubaarheid op die lang termyn, en hulle vrese dat dié vleiskorporasie se groot skuldlas die uitvoerwaardeketting vir beesvleis in die gedrang kan bring.

Mnr. Patrick Liebenberg, bestuurder vir veeverkryging en -produksie, sê Meatco maak ten sterkte beswaar teen dié aantuigings en beweringe. “Meatco kan bevestig dat hy as staatsonderneming die afgelope 15 jaar jaarliks geouditeerde finansiële state gepubliseer het.”

Meatco kon egter nie die afgelope twee jaar vanweë die Covid-19-regulasies ’n algemene jaarvergadering hou nie, wat produsente frustreer het en bydrae tot hul kommer oor die finansiële situasie, het mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), vroeër verduidelik.

Volgens Meatco fokus sy huidige bestuursmodel op lang termyn volhoubaarheid en winsgewendheid, “waarin die belang van die produsent as hoogste prioriteit beskou word”.

“Meatco het kennis geneem van bespiegelinge, uitsprake deur individue en ondeurdagte beriggewing binne die bedryf dat Meatco nie ekonomies volhoubaar is nie en in die nabye toekoms gelikwideer gaan word. Die bestuursplanne is juis daarop gefokus om Meatco se langtermyn volhoubaarheid en winsgewende voortbestaan te verseker,” sê Liebenberg.

Volgens hom het Meatco as deel van die langtermynplan vir volhoubaarheid, sy kommersiële bankskuld by FNB Namibia en Bank Windhoek tussen 2019 en vanjaar met ongeveer 70% verminder.

Meatco het in 2020 ’n lening van N$250 miljoen by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) aangegaan en dit gedeeltelik aangewend om sy oortrokke rekenings by handelsbanke af te los, is vroeër berig. Dit was nadat hy reeds by vorige geleenthede N$150 miljoen by die DBN geleen het.

Liebenberg wys namens die uitvoerende bestuur daarop dat Meatco die mandaat het om die bedryf “te bedien, te bevorder en te koördineer tot die beste belang van alle belanghebbendes”, en voeg by die vleiskorporasie werk hard daaraan om dit tot voordeel van alle Namibiese produsente te doen.

Hy sê tasbare bewyse bestaan dat Meatco oor baie jare heen kompeterende pryse aan Namibiese produsente betaal het met die doel om die vleisbedryf te stabiliseer en produsente te help om winsgewend te boer. “Meatco verseker produsente dat hoogs mededigende pryse volhoubaar aan hulle betaal sal word uit die inkomste wat hy in die onderskeie uitvoermarkte verdien,” sê hy.

Meatco voer beesvleis uit na markte in Europa, die VSA en China. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!