Meatco se prysverlagings vang boere onkant
Die Lewendehawe-produsenteorganisasie (LPO) en kundiges uit die voerkraalbedryf het verlede week ’n dringende vergadering met Meatco se bestuur gehou.
Volgens die LPO het hierdie gesprek plaasgevind om die onlangse prysverlagings en drastiese penalisering op grond van gewig, vetheid en bouvorm van Meatco te bespreek.
Die doel van die vergadering was ook om konstruktiewe voorstelle aan Meatco se bestuur te maak, wat hulle in staat stel om ingeligte besluite te neem om voldoende deurset vir die res van die huidige finansiële jaar te verseker.
“Die sleutelbeginsel wat moet geld, is dat enige veranderde prysseine wat aan produsente gegee word, gebaseer moet wees op werklike markvereistes en -veranderinge,” sê die voorsitter van die LPO, Jako van Wyk in ’n brief aan produsente.
“Dit is van die staanspoor af duidelik gemaak dat deursigtigheid van uiterste belang is vir die bou van vertroue. Meatco se onverwagse prysverlagings het die bedryf onkant gevang en ’n verkeerde sein uitgestuur.”
Die LPO meen produsente behoort op hoogte gehou te word wanneer daar ’n afswaai in pryse gaan plaasvind.
“Meatco moet ’n mededingende prys handhaaf om algehele stabiliteit in die mark te verseker en moet ook buigsaam wees in ’n vinnig veranderende omgewing.
“Die beginsel is sterk benadruk dat goeie pryse voldoende slagdiere sal lok om volgehoue deurset te kry.”
Tydens die vergadering is daar ook indringend gekyk na die situasie van voerkrale en die belangrikheid vir hulle om ’n prys vooruit te ontvang sodat hulle die nodige beplanning kan doen en dat hulle ten minste gelyk kan breek vir die res van die finansiële jaar.
“Voerkrale is van uiterste belang vir Meatco om voldoende deurset te ontvang wanneer die aanbod van beeste begin daal. Die belangrikheid van een prysstruktuur vir alle produsente is ook benadruk.”
Die volgende voorstelle is aan die Meatco-bestuur gemaak:
– Herstel Augustus tot Oktober 2024 se pryse na die oorspronklike Julie-prys;
– Verhoog pryse vanaf November 2024 tot Januarie 2025 met N$3,15;
– Pryse moet drie tot vier maande vooruit bekend gemaak word; en
– Ondersoek ’n glyskaal vir verskillende gewigsklasse, bouvorm en vetheidsgrade.
“Die vergadering het in goeie gees plaagevind en Meatco se bestuur het hulle dank uitgespreek teenoor die LPO vir die insette en dat die voorstelle behoorlik oorweeg sal word,” het Van Wyk die brief afgesluit.
Volgens die LPO het Meatco onderneem om vandeesweek terugvoer te gee. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie