RETURN TO PROFIT: Meatco's Okapuka feedlot outside Windhoek. The company is on the mend, having recently posted a N$560 revenue.
RETURN TO PROFIT: Meatco's Okapuka feedlot outside Windhoek. The company is on the mend, having recently posted a N$560 revenue.

Meatco toon wins vir eerste kwartaal

Ogone Tlhage
Die vleisverwerker en -uitvoerder Meatco het volgens finansiële resultate vir die eerste kwartaal vir die tydperk tot einde Mei 'n wins getoon. Dit in teenstelling met voorspellings van verliese van tot N$85 miljoen wat die maatskappy vir die tydperk sou ly. Die maatskappy het 'n wins van N$109 miljoen vir die kwartaal behaal.

Meatco se wins-en-verliesstaat wat nie geoudit is nie en wat deur Republikein se susterskoerant Namibian Sun gesien is, wys die maatskappy het N$560 miljoen in terme van algehele verkoopsvolumes genereer teenoor 'n geprojekteerde N$284 miljoen.

Meatco se filiaalmaatskappy, Namibia Meat Importers and Exporters (NMIE), het egter 'n verlies van N$420 000 getoon.

Meatco se pogings om suksesvol beeste noord van die veeartsenykordonheining (VCF) – ook bekend as die Rooilyn in die noordelike kommunale gebiede (NCA) te bemark, het ‘n verlies van N$2,9 miljoen getoon.

In April is aangekondig vleis van die NCA’s sal afhangend van die finalisering van halaal-akkreditasie gereed wees vir uitvoer na Katar.

Dit is deur die adjunkminister vir landbou, water en grondhervorming Anna Shiweda tydens die motivering van haar ministerie se begroting bevestig. Volgens haar kon die ministerie daarin slaag om marktoegang vir vleis van die NCA’s na Katar te verseker en dat die Rundu-abbatoir volgens ‘n kabinetsbesluit aan Meatco as 'n operateur oorhandig is.

“Die abattoir is in Maart 2024 as 'n uitvoer-abattoir geregistreer en is gereed om na Katar uit te voer sodra die haalal-akkreditasie gefinaliseer is,” het sy gesê. Daarbenewens het die ministerie ook 'n uitvoermark na die Verenigde Arabiese Emirate vir vleis suid van die VCF verseker.

In reaksie op Meatco se jongste finansiële resultate het die voorsitter van die raad

Sakaria Nghikembua gesê die direksie het ’n omkeerplan implementeer met die doel om die finansiële volhoubaarheid van die maatskappy te verseker sodat dit ’n betekenisvolle rol in die ekonomie kan speel.

Volgens Nghikembua lê daar egter nog baie werk voor.

“Ons is optimisties oor die toekoms. Dit is egter te vroeg om oor die volhoubaarheid van die resultate te praat, veral gegewe die seisoenaliteit van die markte waarin ons verkoop. Die direksie is vasbeslote om te verseker dat die maatskappy op langtermyn volhoubaar omgedraai word,” het hy gesê.

Meatco het hom laat verlede jaar in 'n insolvente posisie bevind, insluitend 'n verlies van N$90 miljoen. Dit was ook in konflik met produsente wat die steunpilaar van sy bestaan ​​is. Meatco se skuld is intussen drasties verminder en die skuld van N$437,3 miljoen die Ontwikkelingsbank van Namibië afbetaal.

Die jongste finansiële resultate sal na verwagting druk op Mwilima Mushokabanji, Meatco se uitvoerende hoof verlig wat verlede jaar versoeke in die gesig gestaar het dat hy geskors moet word. Hy is sedert 2020 aan die stuur van Meatco, met 'n kontrak wat tot 2025 strek. Mushokabanji wou nie kommentaar lewer oor die jongste finansiële prestasie nie en het gesê hy sal toestemming van die direksie nodig hê om daaroor uit te laat. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...