tractors
tractors

Ministerie skaf 350 trekkers uit Indië aan

168 reeds aan begunstigdes oorhandig
Tot op hede het die projek verskeie stuks masjinerie en toerusting aangekoop vir gebruik deur saai- en veeboere oraloor die land.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit - Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het 350 trekkers (walking tractors) van Indië aangeskaf deur die Namibië Landboumeganiserings- en saadverbeteringsprojek (Namsip), waarvan 168 aan onderskeie streke wat as begunstigdes geïdentifiseer is, oorhandig is.

Volgens die woordvoerder, Jona Musheko, het die ministerie kontrakte onderteken vir die verskaffing en aflewering van die 350 trekkers ter waarde van N$300 miljoen.

Hy het gesê 50 van die oorblywende 182 trekkers het pas aangekom en word plaaslik gemonteer, terwyl die res voor die einde van die jaar ontvang moet word.

VOEDSELSEKERHEID

Namsip is ’n nasionale produk waarvan die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) ’n medefinansierder is, met kleinskaalse boere in kommunale gebiede oraloor die land as die teikengroep.

Die projek het ten doel om huishoudelike voedselsekerheid te verbeter en by te dra tot armoedeverligting, terwyl die spesifieke doelwitte is om landbouproduktiwiteit te verbeter, werkskepping te fasiliteer en huishoudelike inkomste te verbeter.

Tot op hede het die projek verskeie stuks masjinerie en toerusting aangekoop vir gebruik deur saai- en veeboere landswyd.

LEER BY INDIë

Die ministerie het verlede week deur Namsip ’n opvoedkundige toer oor mahangusaadverbetering onderneem na die Internasionale Gewasnavorsingsinstituut vir die Semi-Droë Trope (ICRISAT) in Indië.

Indië is die wêreld se grootste mahanguprodusent.

Volgens Musheko het Indië verskillende variëteite en hibriede wat in staat is om vier ton per hektaar te lewer, sterk saadstelsels vir boere om toegang tot verbeterde variëteite te kry, en mahangu in verskeie vorms, insluitend versnaperinge, koekies en mahangu-melk.

“Namibië kan by Indië leer om opbrengste te verbeter deur die ontwikkeling van nuwe variëteite, die opstel van doeltreffende saadstelsels en die skep van markte vir mahangu om die potensiaal van die gewas te ondersoek om by te dra tot voedsel, voeding en inkomstegenerering, veral in die boerderygemeenskap.”

ONDERSTEUN BOERE

Verder het die ministerie ’n tender geadverteer vir die ontwerp- en konstruksietoesig oor die voorgestelde saadverwerkingsaanlegte.

Die aanlegte sal in Zambezi, Kavango-Oos, Kavango-Wes, Oshikoto- en Omusati gebou word sodra die ontwerpe voltooi is.

Die ministerie het ook deur die Namsip-projek die registrasie van 777 individuele boere en agt koöperasies, instansies en entiteite as saadkwekers gefasiliteer met die oog daarop om die tydige beskikbaarheid van gesertifiseerde saad van voldoende kwaliteit te verseker.

Daarbenewens het die projek die produksie van onderskeidelik 1 057 ton en 117 ton gesertifiseerde saad, asook saad geproduseer van plante wat direk van telersaad gekweek word, ondersteun.

Gesertifiseerde saad is aan boere verskaf deur middel van landbou-ontwikkelingsentrums in alle gewasverbouingstreke, terwyl grondslagsaad aan geregistreerde saadkwekers gegee is vir vermeerdering van gesertifiseerde saad.

Musheko het gesê deur die vermenigvuldiging van saadverwante aktiwiteite het die ministerie tydelike werk geskep vir meer as 4 000 mans en byna 3 000 vroue.

Die ministerie het reeds begin met die opgradering van die besproeiingstelsel by die Mannheim-gewasnavorsingstasie vir vermeerdering van gesertifiseerde saad. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!