• Tuisblad
  • Landbou
  • Mylpaal vir Namibië Islamitiese Halaal-vereniging in Emirate
Van links is Muzzamil Nazier (bedryfsbestuurder), Faroek Nazier (uitvoerende hoof), Jameel Smith (tegniese adviseur) en Muhammed Omar (teologiese bestuurder) van die Namibië Islamitiese Halaal-vereniging (Niha). Foto Francoise Steynberg
Van links is Muzzamil Nazier (bedryfsbestuurder), Faroek Nazier (uitvoerende hoof), Jameel Smith (tegniese adviseur) en Muhammed Omar (teologiese bestuurder) van die Namibië Islamitiese Halaal-vereniging (Niha). Foto Francoise Steynberg

Mylpaal vir Namibië Islamitiese Halaal-vereniging in Emirate

Francoise Steynberg
Die Namibië Islamitiese Halaal-vereniging (NIHA) het suksesvol akkreditasie van die Emirate Internasionale Akkreditasiesentrum (EIAC) behaal, wat Niha ​​die enigste Halaal-sertifiseringsliggaam in Namibië met hierdie gesogte erkenning maak.

Niha, wat in 2001 gestig is, is 'n niewinsgewende organisasie wat die Moslem-gemeenskap in Namibië en verder verteenwoordig, en fokus op Halaal-voedsel en -produkte.

Niha, wat in 2005 by die Wêrled-Halaalraad geregistreer is, voldoen aan internasionale Halaal-standaarde en werk nou saam met internasionale organisasies, veral in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC).

Niha se span het meer as 20 jaar ondervinding in Halaal-sertifisering en raadpleeg gereeld beide plaaslike en internasionale Islamitiese raadgewers om nakoming van die nuutste Halaal-riglyne te verseker.

Die organisasie is gestig met die doel om te verseker dat produkte en dienste wat in Namibië verskaf word aan die hoogste standaarde van Halaal-nakoming voldoen.

“Oor die jare het ons die vertroue van beide plaaslike en internasionale markte verkry deur streng sertifiseringsprosesse te handhaaf. As 'n gerespekteerde organisasie gaan Niha voort om verbruikersvertroue in Halal-gesertifiseerde produkte te bevorder deur konsekwente toepassing van Islamitiese beginsels,” het die uitvoerende hoof, Faroek Nazier, gesê.

Dit volg nadat die Namibiese Pluimveebedryf Niha opdrag gegee het om al die nodige reëlings te tref om pluimveevleis na ander lande soos in die Europese Unie (EU) en die Midde-Ooste uit te voer, waarvan laasgenoemde vereis dat die produkte en proses Halaal-gesertifiseer moet wees deur 'n geakkrediteerde sertifiseringsliggaam.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!