‘n Kwart van Namibië se woude verwoes
Dokumentêre reeks skep bewustheid
'n Splinternuwe reeks van drie dokumentêre kortfilms, genaamd The Forests of a Desert Land: Stories from Namibia, moet bewustheid oor die belangrikheid van plaaslike woude skep.
“Namibië het reeds sowat ‘n kwart van al sy woude verloor, van ‘n aanvanklike 8,8 miljoen hektaar (ha) tot waar net 6,6 miljoen ha oor is.
“Dit is volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se 2020-verslag.
“Ek probeer dit altyd in eenvoudige terme stel: Daar waar woude is, het ons reën. Waar daar nie woude is nie, is daar nie reën nie,” het die Hanns Seidel-stigting se dr. Clemens von Doderer gesê.
Hy het gaste op 6 April in Windhoek toegespreek by die bekendstelling van ‘n reeks van drie dokumentêre kortfilms, genaamd The Forests of a Desert Land: Stories from Namibia.
Von Doderer sê verskeie redes bestaan waarom al hoe meer woude tot niet gaan, wat insluit die skoonmaak vir landbouproduksie en die verwoesting wat deur brande veroorsaak word, maar ook onwettige en onvolhoubare praktyke.
Hy sê hulle het geld van die Europese Unie bekom en ‘n projek in die Kavango- en Zambezistreek vir die volhoubare bestuur van woude begin.
“Dit is belangrik dat ons as ‘n nasie byeenkom om ons ekostelsels en woude te waardeer, want dit bied die fondasie vir ons voortbestaan . . .
“Ek is nie ‘n sogenaamde ‘tree-hugger’ nie. Soos dit in die Namibiese wetgewing omskryf is, glo ek ook ons moet natuurlike hulpbronne volhoubaar benut, tot voordeel van huidige en toekomstige generasies.”
Tydens die geleentheid het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, gesê die dokumentêre reeks is gebore uit die samewerking tussen die ministerie asook die Hanns Seidel-stigting.
“Die doel is om bewustheid van die belangrikheid van woude as ekostelsels vir mense en die omgewing te skep,” het hy gesê.
Hy sê op Namibië se Onafhanklikheidsdag is Wêrelddag vir Woude ook gevier, asook ander omgewingsdae soos Wêrelddag vir Vleilande en Wêreldwaterdag op 1 April.
“Ons het die dae benut om bewustheid te skep, nie net oor die belangrikheid van ons woude nie, maar ook om die verskeie bedreigings vir die voortbestaan daarvan te beklemtoon. Ons het ook boomsaailinge aan verskillende skole gegee sodat dit geplant kan word.”
Shifeta het verduidelik gesonde woude is noodsaaklik vir die mensdom se voortbestaan omdat dit water en lug suiwer asook die bewaarders van diversiteit is.
“Gesonde woude help om ons klimaat te reguleer deur reënpatrone te beïnvloed, ons omgewing af te koel en kweekhuisgasse te absorbeer. Woude en ander plantegroei vervaardig tussen 20% en 30% van al die suurstof wat ons inasem,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat dit aan plaaslike gemeenskappe ‘n heenkome bied, asook medisyne, voedsel en ‘n tuiste.
In die dokumentêre reeks vertel ‘n skoolmeisie, ‘n marathon-atleet en ‘n ou, wyse man oor die belangrikheid van woude vir hul voortbestaan.
“Bedreigings vir ons woude kan slegs die hoof gebied word deur ‘n kombinasie van maatreëls, wat insluit die toepassing van die wet, beter bewustheid van die publiek asook onderrig om gemeenskappe te verhoed om woude te verwoes,” het Shifeta gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie